Wie was die eerste mense?


Prent: https://reasonsforhopejesus.com/pre-adamite-heaven-and-earth-gap-theory/

Somtyds kom mens af op ʼn godsdienstige siening wat jy nog nie voorheen teengekom het nie. Selfs na 40 jaar se bestudering van die Heilige Skrif en baie dik teologiese boeke, het ek nog nie voorheen gehoor van pre-Adamiete nie. Mens is nooit te oud om te leer nie, gevolglik het ek gaan oplees hieroor. Daar is ʼn menigte geskrifte wat hieroor handel.

Die pre-Adamiete word beskryf as mense wat voor die skepping van Adam geleef het. Die siening was nodig om te verduidelik waar die seuns van Adam vroue gekry het. Sommige 17de-eeuse Europeërs kon die volke, stamme en tale van Asië en Amerika nie uit die Bybelse geskiedenis verklaar nie. Hulle het gevolglik die stelling dat alle mense afstam van ‘n eerste mensepaar op logiese en taalkundige gronde verwerp. Dit het gelei tot die teologiese hipotese dat daar nog mense voor Adam en Eva geskape was, genaamd pre-Adamiete.

Daar is tot vandag toe, vreeslik baie verskillende aanhangers van hierdie sienings. Elkeen het ook ʼn eie standpunt en verduideliking hieromtrent. George Dickison het “The Mosaic Account of Creation, As Unfolded in Genesis, Verified by Science” in 1902 geskryf. Die boek het wetenskap gemeng met ‘n wetenskaplike lees van Genesis en bevat ‘n lys van geologiese ontdekkings wat getoon het dat mense bestaan het voordat Adam geskep is en dat die aarde baie ouer as 6000 jaar is. Dickison het wetenskaplike ontdekkings uit fossiele en die paleontologie gebruik as bewyse vir pre-Adamiete. ʼn Ander siening het pre-Adamiete beskou as ‘n ras van minderwaardige wesens of ook as minderwaardige rasse. Adam, was die eerste witman en gevolglik die eerste seun van God. Verder word slegs witmense (Kaukasiërs)  as afstammelinge van Adam beskou. In hierdie weergawe verlei Satan vir Eva, en die gevolglike nageslag is ‘n basterwese, Kain. R. A. Torrey (1856–1928), wat in die “Gap Theory” geglo het, het geglo dat dit moontlik was om evolusie sowel as Bybelse onfeilbaarheid te aanvaar, met die pre-Adamiete as die brug tussen godsdiens en wetenskap.

Ek beskou myself as In Evangelikaalse (Evangelic) Christen. Ondermeer onderskryf ek die onfeilbaarheid van die Heilige Skrif en die beginsel van Sola Scriptura (Slegs die Skrif).  Die Heilige Skrif is deur God geïnspireer en is die enigste betroubare verduideliking van waar mense vandaan kom. Daar is vrae wat mense vra wat nie in die Skrif beantwoord word nie want God het dit nie belangrik geag om dit te antwoord nie. Die leer van pre-Adamiete is nie in die Skrif te vinde nie, dit vermeng die Skrif met ander sienings wat buite die Skrif voorkom: of die nou wetenskaplik is of nie. Dit verbreek die beginsel dat niks bygevoeg of weggelaat mag word nie.

Is pre-Adamiete geskep deur God? Het God dan minderwaardige wesens geskep? Indien nie, hoe het hulle ontstaan? Evolusie is ʼn teorie wat hoofsaaklik deur ongelowiges aangehang word. Dit is nie iets wat deur Evangelikaalse Christene as onbetwisbaar waar beskou word nie. Die vermenging van Skrif en wetenskap is spekulasie. As mens een spekulasie aanvaarbaar vind, maak dit die deur oop vir allerlei ander spekulasies ook.

Die Skrif praat slegs van een mensdom. Handelinge 17:26: En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, …

As Kain deur Satan by Eva verwek is, dan is dit teenstrydig met wat Jesus gesê het van die engele. Wat het met Noag se vloed gebeur? Is die pre-Adamiete nie ook dood nie? Of was sommige kinders van Noag Adamiete en die ander pre-Adamiete? So kan mens een vraag na die ander vra en daaroor spekuleer.

Joh. 1:1-4: In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.

Daar is egter ʼn nog groter probleem. Hoe pas pre-Adamiete in by die verlossing deur Jesus Christus (Yeshua die Gesalfde)?  Joh. 14:6: Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Die skepping van die mens en die sondeval wys heen na die Nuwe Testament  en die redding van verlore mense deur Jesus Christus. Die nuwe lewe in Christus is waarmee ons onsself moet besig hou. As die teorie van pre-Adamiete belangrik was, moes dit kon inpas by die heel belangrikste van alles: Jesus Christus.

Niemand word met God versoen op grond van enige iets of iemand anders as Jesus Christus nie. Dit maak dus nie saak of iemand ʼn Adamiet is of nie. Die redding is nie beperk tot Adamiete nie, almal wat sy vertroue stel op Jesus Christus word gered.

Rom. 3:9-12: Wat dan? Het ons enige voorrang? Hoegenaamd nie! Want ons het tevore al Jode sowel as Grieke beskuldig dat hulle almal onder die sonde is, soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.

Adamiete is almal skuldig voor God, dus is hulle niks beter as pre-Adamiete nie. Almal is ewe veel verlore. ʼn Siening dat Adamiete beter is as pre-Adamiete is dus ongeldig. Daarmee saam is die spekulasie oor pre-Adamiete ook ongeldig.

Hoe het dit dan gebeur dat ek nooit voorheen gehoor het van Adamiete en pre-Adamiete nie? Ek het my oë gevestig op Jesus Christus. Daar is niks belangriker as Hy en Sy verlossingswerk nie. Allerlei ander redenasies en spekulasies lei ons aandag van Hom af en veroorsaak dat ons nie vorder in die nuwe lewe nie.

My boek “Die Regte Weg” kan gratis bestel word by:

buitepos@minderheidsverslag.co.za

of by

http://gesellig.co.za/t/26266-Gratis_Afrikaanse_E-Boeke/

Die Regte Weg na die nuwe lewe in Christus

Hierdie foto het 'n leë alt kenmerk; die lêernaam is bht7k-GCyxvjTyUpmME3sA-0001-13523570142.png

Hierdie is die bekendstelling van my nuwe e-boek: “Die Regte Weg”. 

Die boek wil weer die grondslae van die Christelike geloof neerlê. In hierdie dae vind ons dat daar by baie mense verwarring heers oor wat die lewe in Christus behels. Dit wemel van valse leraars en profete en vele afwykings en misleidings word verkondig en geglo.

Gevolglik is die boek meer leerstellig van aard: 2 Tim. 4:1-4: Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ʼn tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ʼn menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

Om ʼn oorsig van die boek te gee, verskaf ek die inhoudsopgawe:

INHOUDSOPGAWE

1. DIT IS ʼn FONDAMENT             

2. GOD EN MENS            

  2.1 Die Opperwese:  Wat verstaan ons met die begrip “Opperwese”; Wat noem ons die Opperwese?; Wat is die Drie-eenheid van God?; Oor watter eienskappe beskik God?; Hoe is God se aard en karakter?           

  2.2 Die mens:  Waar pas die mens in?; Wat beteken dit om na die beeld van God geskape te wees?; Wat is die “asem van die lewe”?; Wat is die doel van die mens?;  Wat beteken “sekerlik sterwe”?

  2.3 Die val van die mens:  Wat het gebeur?; Wie is die slang?; Wat was die gevolge van die Sondeval?; Hoekom het God dit toegelaat?         

  2.4 Die gevolge van die mens se val: Wat was die onmiddellike gevolge?; Wat was God se reaksie?; Wat was die gevolge vir die mensdom?          

  2.5 God wil steeds Sy doel bereik: Wanneer het God besluit op ʼn ander plan?; Wat behels God se plan?; Hoe maak God sy plan bekend?   

  2.6 Die Heilige Skrif: Wat is die verskil tussen “die Heilige Skrif” en “die Bybel”?; Wat is die “kanonieke boeke”?;  Watter ander godsdienstige boeke is daar nog?; Waaraan moet ʼn boek voldoen om kanoniek te wees?; Wat is Sola Scriptura?; Uit watter manuskripte word die Skrif vertaal?; Hoe word die Skrif vertaal?; Uit watter boeke bestaan die Heilige Skrif?  

  2.7 God se werkswyse: Wie kan die mens verlos?; Wat moet mense doen om verlos te word?; Op grond van wat word mense gered?; Wie moet erkenning vir die verlossing kry?;

3. SONDE           

  3.1 Algemene en Individuele Sonde: Wat is Algemene Sonde?; Wat is Individuele Sonde?; Hoe weet mense wat hulle Individuele Sonde is?; Wat is die vlees?; Wat is liefde vir die wêreld?   

  3.2 Die Tien Gebooie: Wat is die Tien Gebooie?; Op wie is die Tien Gebooie van Toepassing?; Hoe dink God oor sonde?; Kan sonde oorwin word?           

4. STRUIKELBLOKKE       

  4.1 Teenstand en vervolging: Hoekom is daar teenstand?; Wat word bedoel met “die wêreld”?; Waarom is daar vyandskap van die wêreld?; Hoekom is daar teenstand van vriende en familie?    

  4.2 Foute, dwalings en misleidings: Wat is foute?; Wat is dwalings?; Wat is misleidings?;

  4.3 Die onderskeid tussen die etniese volk Israel en die Gemeente van Christus: Is dit belangrik om tussen Israel en die Gemeente te onderskei?; Wie is Israel?; Wie is die Gemeente van Christus?; Is die Gemeente nie net ʼn voortsetting van Israel nie?; Wat is die teenstelling tussen Israel en die Gemeente?; Hoe weet Israel en die Gemeente wat sonde is?; Moet die Gemeente nie die Ou Testamentiese wette nakom nie?    

5. BAKENS OP DIE PAD NA DIE NUWE LEWE      

  5.1 Bekering en Wedergeboorte: Wat is bekering?; Wat is wedergeboorte?  

  5.2 Die Doop: Wat is die doop met water?; Wat beteken die doop met water?; Wat is die doop van die Heilige Gees?               

  5.3 Die Heilige Gees: Wie is die Heilige Gees?; Hoe help die Heilige Gees ons?              

  5.4 Gebed: Wat is gebed?; Hoe verskil gebede in die Ou en Nuwe Testamente?; Hoe moet die “Onse Vader” verstaan word?; Wat is aanbidding in gees en waarheid?              

  5.5 Bybelstudie: Waarom moet ons die Heilige Skrif lees en bestudeer?; Hoe moet ons die Heilige Skrif lees?; Wat van die Ou Testament?; Hoe moet ons die Heilige Skrif bestudeer?

  5.6 Gemeenskap met mede-gelowiges: Wat is die gemeenskap van gelowiges?; Wat is die gemeente van gelowiges?; Wat doen gemeentes tydens byeenkomste?; Wat is die nagmaal?; Wat is die liggaam van Christus?            

6. GESKIEDENIS VAN DIE WESTERSE CHRISTENDOM      

  6.1 Die ontstaan van die Christendom

  6.2 Die Apostels            

  6.3 Na die Apostels: Wat het na die Apostels gebeur?; Hoe het die Nuwe Testament ontstaan?; Hoe het die Apostels se boodskap verder versprei?       

  6.4 Die ontstaan van die kerk en die Oos-Wes Skeuring: Hoe het die georganiseerde kerk ontstaan?; Wat het tot skeuring in die kerk gelei?; Waarheen het die kerk sendelinge gestuur?; Wie was die Paulisiane?           

  6.5 Die Westerse Kerk en die Reformasie: Wie was die voorlopers van die Reformasie?; Wie was die Waldense?; Hoe het die kerkhervorming gebeur?    

  6.6 Die Christendom in die Nuwe Wêreld: Wat was die effek van ontdekkingsreise?; Wat is Millennialisme?  ; Wat was die Verligting?; Hoe het die hervorming verder ontwikkel?              

  6.7 Die Christendom in die moderne tyd: Wat het die afgelope eeu plaasgevind?; Wat is die hedendaagse wêreldgees?; Wat is kerkvernuwing en huiskerke?; Wil die mens soos God wees?    

Ek bied die e-boek gratis aan. Bestel asseblief by buitepos@minderheidsverslag.co.za en meld of PDF of EPUP formaat verkies word.