Van prentjies tot letters

Tot en met die toring van Babel, was Adam se taal die enigste taal wat bestaan het. Daarna het hierdie taal, as gevolg van die spraakverwarring, verander in ‘n menigte tale. Dit was natuurlik gesproke taal.

Maar wat van die geskrewe taal? Hoe het skrif ontstaan en hoe het dit verander? Het die spraakverwarring ‘n invloed gehad op skrif?

Niemand weet wie skrif uitgevind het nie. Ons weet ook nie wat die rede was hoekom dit in die eerste plek nodig was om te skryf nie. Miskien het die mense, na hulle vermeerder het, verder uitmekaar begin woon en was dit nodig om met mekaar te kon kommunikeer. Dalk was dit nodig om ooreenkomste eerder skriftelik as mondelings te sluit om dispute uit te skakel. Ek weer dink skrif is uitgevind sodat die Bybel geskryf kon word.

Dink daaraan. Iemand het skrif uitgevind, maar daar was niemand wat dit kon lees nie. Dit sal totaal sinloos wees. Skrif en lees gaan saam, die een kan nie sonder die ander nie.

Die Bybel vertel die mens se geskiedenis van die begin af en ek is oortuig dat dit die oudste geskrif is wat bestaan. Die heel oudste geskiedenis is opgeteken in die boek Genesis. Genesis bestaan uit 12 antieke boeke wat op mekaar volg. Die oudstes is geskryf op ‘n manier wat soortgelyk is aan hoe ou kleitablette geskryf is. Dus het Moses iewers in besit gekom van ‘n klompie antieke geskrifte (op kleitablette) wat moontlik in ‘n ouer taal en skrif geskryf was. Hy het dit toe oorgeskryf in die taal en skrif van sy tyd. Die skryfmateriaal in Moses se dae was ook anders as wat in antieke tye gebruik is.

Voor die tweede millenium voor Christus, was die taal en skrif proto-Semities (die taal voor Babel). Die skrif van hierdie ou taal was die fondament van alle latere skrifstelsels – ook die Latynse alfabet en Sjinese skrif. Tydens die tweede millenium voor Christus, was die algemene taal in die Midde-Ooste proto-Wes-Semities (Aramees, met Hebreeus wat later uit Aramees ontwikkel het) en die skrif kan dieselfde genoem word. Hierdie was die tydperk van Abraham, Moses en Dawid en die tyd toe ‘n groot gedeelte van die Bybel tot stand gekom het. Die skrif wat van omtrent 1000 v.C. tot omtrent 300 v.C. gebruik was word paleo-Hebreeus genoem. Dit was die skrif wat tydens die tyd van die Profete gebruik is.

Danksy die navorsing van André H Roosma, kan ons nou iets verstaan oor die begin van skrif. Iemand wil iets kommunikeer aan iemand anders, daar is ‘n boodskap wat oorgedra moet word. Die boodskap word opgebreek in begrippe wat voorgestel word deur ‘n prentjie of simbool. Sê maar die boodskap is dat die koning dood is. ‘n Simbool wat “koning” voorstel en ‘n simbool wat “dood” voorstel, word gebruik.

Destyds was die oer-os (aurog) gesien as die sterkste en belangrikste dier. ‘n Prentjie of simbool van ‘n oer-os het die betekenis van “die belangrikste” of “die sterkste” of “die eerste” gedra.  ‘n Ander begrip is “binne” of “deel van” en dit word verteenwoordig deur ‘n prentjie van die binnekant van ‘n tent. Nog ‘n voorbeeld is die prentjie van ‘n deur. Dit verteenwoordig die begrip “ingang” of “beweging”. So het daar 22 simbole ontstaan en hierdie simbole was die begin van skrif. Deur hierdie prentjies op ‘n sekere manier langs mekaar te rangskik, kry dit ‘n groter betekenis.

Die oud-Hebreeuse skrif was oorspronklik ook prentjies. Later het dit verander in ‘n alfabet waar die prentjie ‘n letter geword het. Hierdie alfabet het uit 22 letters, wat almal konsonante was, bestaan. Omdat daar nie vokale was nie, moes uitspraak mondelings oorgedra word. Nog later is begin om die regte vokale en uitspraak aan te dui met diakritiese tekens. Diakritiese tekens is kolletjies en strepies op of in die letters.

Moderne Hebreeus (sedert die Middeleeue) word met vierkantige letters geskryf. Dit verskil aansienlik van die skrif waarmee die grootste deel van die Ou Testament oorspronklik geskryf is.

Ten spyte van al hierdie veranderings in skrif deur die eeue heen, het die boodskap van die Bybel behoue gebly. Die Bybel is YHWH se kommunikasie met ons, Sy skepsels. Dit is goed om te weet dat dit wat ons lees betroubaar en vas is.

Vandag gebruik ons weer prentjies. Dink aan emosiekone (emojis) en ikone.

 

Save

Save

Save

Save

Save

Facebooktwittergoogle_pluspinterestlinkedinyoutube
Facebooktwittergoogle_pluspinterestlinkedin

Die misoes

6299610-hand-of-a-woman-holding-new-life-in-form-of-plant-isolated-on-white-stock-photoIn die tuin van Eden was daar twee besonderse “bome”. Of dit letterlike bome was en of die woord “boom” ‘n simbool van iets anders is, weet ek nie. Gegewe dat die oorspronklike geskiedenis met ‘n “prentjieskrif” opgeteken is, kon dit ‘n begrip gewees het.

In ieder geval, YHWH het die mens verbied om van die boom in die middel van die tuin te eet want anders sal die mens sterf. Die slang het die mens oortuig dat hulle daarvan kan eet sonder dat hulle die dood sal sterf (Wat is die dood en hoe verskil dit van sterf?). Die slang het verder gesê dat indien die mens daarvan eet, hulle soos God sal wees deur goedheid en boosheid te ken.

Toe die mens daarvan eet, was hulle ongehoorsaam aan YHWH. Erger nog, hulle het gemeen hulle sal YHWH se gelykes wees (sal soos God wees). Hulle het gedink kennis van goedheid en boosheid is dieselfde as wysheid. Die gevolge was verreikend. Indien YHWH hulle nie uitwis nie, moes Hy hulle straf. Vir die vrou pyn met geboorte, begeerte na die man en die man se heerskappy oor haar. Om die man se ontwil is die aarde vervloek (die planeet word deur die sondeval verander), hy sal met moeite voedsel kry en onkruid sal dit nog moeiliker maak. Dan sal die mens se liggaam met sy dood weer stof word.

Ons weet hoe dit nou, na die sondeval, is. Hoe dit voor die sondeval was, kan ons ons nie indink nie. Geen kennis van goedheid en boosheid nie? Totaal onskuldig? Die aarde nie vervloek nie? Die mens sal nie terugkeer na stof toe nie?

Daar was nog ‘n boom in die tuin, die boom wat ewige lewe gee. Die mens moes na die sondeval verhinder word om daarvan te eet. Voor die sondeval was die vrugte van hierdie boom nie verbode nie, sou die mens toe daarvan geëet het, sou hy vir ewig lewe. So, indien daar nie ‘n sondeval was nie, sou die mens se liggaam nie teruggekeer het na stof toe nie en hy sou boonop ook vir ewig gelewe het. Om nie liggaamlik te sterf nie is dus nie dieselfde ding as ewige lewe nie.

Die sondeval was nie net ‘n ramp der rampe vir die mens en die aarde nie, dit was ook ‘n ramp vir YHWH. Sy plan vir die mens was nou in skerwe, Sy doel met die skepping van die mens was daarmee heen. Die mens was ‘n volslae mislukking.

YHWH het die mens geskep met die vermoë om te kies, al is dit ook teen YHWH. Die mens moes uit eie keuse gehoorsaam wees, hy moes self kon besluit om YHWH lief te hê en te respekteer. Wat moes YHWH nou doen? Die mens uitwis van die aarde af en weer voor begin? ‘n Tweede mens skep en hoop dit gaan beter? Wat die mens verdien, is uitwissing.

Maar YHWH het geweet dit kan gebeur en hy het dit by Sy beplanning ingesluit. Duidelik is daar meer as een dood en meer as een lewensvorm. Wanneer die mens liggaamlik doodgaan, is daar iets in hom wat nie sterf nie. As hierdie iets kon begin lewe, dan sou daar ‘n nuwe lewensvorm uit die oue ontstaan.

1 Korinthiërs 15:53-57: Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning. Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet. Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.

Hoewel die skepping van die mens op ‘n misoes uitgeloop het, het YHWH ‘n ander oplossing gevind. Die mens se vlees is verganklik, maar dit is moontlik dat die mens onverganklike lewe kan ontvang. Daar is voorwaardes, dit is nie vanselfsprekend nie en daar is net een manier, een weg.

Daar sal nie in die onverganklike ‘n plek vir boosheid wees nie.

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Facebooktwittergoogle_pluspinterestlinkedinyoutube
Facebooktwittergoogle_pluspinterestlinkedin

Groot Droogtes

obwizpc

Ons in Suidelike-Afrika behoort gewoond te wees aan droogtes, in ons geskiedenis was daar al heelwat droogtes. Daar is tans (2016) ook ‘n ernstige droogte aan die gang.

As iemand praat van “die Groot Droogte”, dink mens eerste aan die tydperk 1932-1933. Voor dit en daarna was daar ook droogtes. Meer onlangs was daar droogtes in die jare 1966-1968, in 1982-1984, weer in 1989-1991 en ook in 2003-2004.

Oor die 1932-1933 Groot Droogte is heelwat bekend. Veeboere het enorme hoeveelhede vee verloor. Die droogte het boonop saamgeval met die Groot Depressie. Die ekonomiese krisis is vergroot omdat Suid-Afrika die goudstandaard verlaat het. Waar daar reeds kapitaal uit die land onttrek was, word toe nog meer onttrek. Dit alles het die armblanke vraagstuk ‘n hupstoot gegee. Dit weer het tot ‘n politieke krisis gelei. Die uiteinde was dat Genl Hertzog en Genl Smuts saam die Verenigde Party gestig het. As gevolg van dit het Dr DF Malan, Adv Hans Strijdom en Adv CR (Blackie) Swart weggebreek van Genl Hertzog af.

‘n Ooggetuie het vertel dat by hom die veld soos woestyn gelyk het. Die vee het oraloor gevrek en die wat oorleef het, was verswak. In Julie 1933 het sterk winde begin waai en in November was daar ‘n verskriklike stofstorm. Dit het begin reën op 13 November 1933, teen middel Desember het die gras sigbaar geword en teen Februarie 1934 het alles herstel. Vir hom was dit ‘n wonderwerk wat hy aanskou het.

Tydens 2003-2004 was daar veral in Wes-Transvaal (tans Noordwes) en Wes-Vrystaat ‘n ernstige droogte. Oppervlaktes waar mielies aangeplant word, het aansienlik verminder. Te min grondvog was ook ‘n probleem. Van 1994 af het die staat langtand geword om die landbou te ondersteun.

Die droogte van 1989-1991 het Suid-Afrika se kwesbaarheid ten opsigte van voedselvoorsiening onderstreep. In die Klein-Karoo was daar geen besproeingswater vir lusern- en groenteboere nie. Verskeie gebiede in die Karoo is tot rampgebiede verklaar. 75% van die graanoes is vernietig. Die destydse staat het ‘n hulpskema vir landbou ingestel en ‘n rekord hoeveelheid mielies moes ingevoer word.

1982-1984 se droogte was beskou as die ergste in 200 jaar. Groot getalle beeste het gevrek en weiding was uitgeput. Die mielieoes en grondbone-oes is verwoes. Omtrent 70% van die boere in die Vrystaat het geen oes gehad nie. Die Hardapdam (Namibië) se waterstand was net 12% en die Vaaldam se invloei het ‘n rekordlaagtepunt bereik. Ander rampe in hierdie tydperk was die vloedramp in Laingsburg in 1981 en die sikloon Demoina in 1984.

Die droogte van 1966-1968 is die Swartdroogte genoem. Verskeie getuies, ekself ook, onthou dit soos gister. Die regering van destyds het ‘n nasionale biddag uitgeroep. Besighede het toegemaak en hulle personeel toegelaat om te gaan bid. Terwyl ons in die kerk sit en bid, het dit begin reën. Nie net by ons nie, maar op verskeie plekke dwarsoor Suid-Afrika.

Droogtes raak natuurlik nie net die mens nie. Die aarde, die plante, die insekte, die diere word daardeur getref. Sulke rampe raak in die eerste plek die indiwidu en sy gesin. Groot getalle mense se lewens word verwoes, baie word in armoede gedompel. Die belangrikste is wat dit aan die binneste van mense doen, daar is geestelike gevolge.

Alhoewel ekself getuig dat gebede beantwoord word, en beleef het dat dit begin reën het terwyl ons gebid het vir reën, dink ek nie dat gebedsveldtogte vandag die regte ding is nie. In die 1960’s het meeste mense nog vertrou op God, ek dink nie dit is vandag nog so nie. Daar het ‘n groot afvalligheid plaasgevind. Die destydse regering het nog bestaan uit morele mense, vandag is dit meer waar nie. Sal vandag se regering ‘n biddag uitroep? Sal die sakesektor hulle besighede toemaak en hulle personeel afgee? Om slegs gebedsveldtogte uit te roep in tye van nood is ook nie reg nie. Wat van tye wanneer daar nie nood is nie?

 

 

 

Save

Save

Save

Save

Facebooktwittergoogle_pluspinterestlinkedinyoutube
Facebooktwittergoogle_pluspinterestlinkedin

Die skepsel

grovenediger-359483__180

As daar ‘n skepping is, is daar ‘n Skepper. As daar ‘n Skepper is, dan is daar ‘n doel met die skepping.

Die Skepper sou sekerlik nie sonder rede al die moeite gedoen het om te skep nie. Hy sou sekerlik ook nie sonder ‘n plan gewerk het nie. Hy moes ‘n droom gehad het van iets wat Hy wou bereik, iets waaroor Hy baie gedink het.  Hy sou die voor- en nadele teen mekaar opgeweeg het en Hy sou ook die koste daarvan bereken het. Die skepping sou alles verander, niks sou daarna weer dieselfde gewees het nie.

Die Skepper sou ook nie slordig gewerk en afskeepwerk gedoen het nie. Hy sou noulettend wees en aandag aan die fynste besonderhede gegee het. Alles moes perfek wees. Toe Hy klaar was, kon hy terugsit en kyk na sy handewerk. Hy sou wou sien dat alles mooi is, dat alles presies reg is, dat alles is soos Hy beplan het. Indien Hy enige gebreke kon sien, sou hy dit tog eers reggemaak het.

Toe Hy alles klaar het en Hy alles reggestel en ingestel het, toe alles reg werk en aan Sy standaarde voldoen, toe eers maak Hy die laaste item op Sy lys. Dit wat Hy laaste geskep het, was dan ook die belangrikste. Hierdie laaste item was nie net die hoogtepunt van Sy skepping nie, dit was ook die middel waardeur Hy Sy doel wou bereik. Die laaste item was die mens.

Wat maak die mens so belangrik? Wat wou hy deur die mens bereik? Het hy al iets daaroor gesê?

Sy doel met die mens is verydel, dit het platgeval. Die mens het nie vir Hom gekies nie. Die mens het gekies vir kennis van goedheid en boosheid.

Hoekom het Hy aan die mens die vermoë gegee om self te kan besluit? Hoekom het Hy die mens so gemaak dat hy kon kies? Dit het tot ‘n ramp gelei want die mens het verkeerd gekies.  Vir liefde om te bestaan, moet die mens kan kies om lief te hê. Om te doen wat reg is, moet die mens kan besluit om nie die verkeerde te doen nie. As daar nie ‘n keuse is nie, dan is dit dwang.

Na regte moes hy die bestaande mens uitgewis het en ‘n nuwe mens geskep het. Die dilemma is dat die nuwe mens dieselfde vermoë sou moet hê om te kan kies. Kies die nuwe mens ook verkeerd, dan is daar niks gevorder nie.

Kan die mens herstel word? Is daar ‘n manier om die oorspronklike doel te bereik? Dit sal moeilik wees.

Joh 3:3-8 (OAV) Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.

 

 

 

Save

Save

Save

Save

Facebooktwittergoogle_pluspinterestlinkedinyoutube
Facebooktwittergoogle_pluspinterestlinkedin

Wie is Hy?

indeksHy is die eienaar. Die baas. Eintlik die alleeneienaar en die enigste baas.

Sy naam is YWHW. Die vraag is nie wie Hy is nie, die vraag is wie ek en jy is. Wat soek ons op Sy eiendom? Mag ons hier wees? Is daar reëls wat ons moet nakom of kan ons maak soos ons smaak?

Hy is ook nie ‘n mens nie. Ook nie ‘n superhero nie. Hy is ook nie ‘n alien nie. Hy is nie van dieselfde substansie as ons nie. Ons noem die substansie wat Hy is gees. Gees is iets soos wind, jy kan gees nie sien nie, jy kan dit net waarneem.

Ons is nie op dieselfde vlak as Hy nie, Hy is anders as ons. Heeltemal anders. Hy het sy eie lewenswyse, Sy eie standaarde, Sy eie waardes, Sy eie siening van sake. Wat ons dink tel nie regtig by Hom nie, Hy gaan nie sommer oortuig word nie. Dit is ons wat by Hom moet inval, nie Hy by ons nie.

Ons kan kies wat ons wil doen. Ons kan oplet met Wie ons te doen het, of ons moeilikheid met Hom wil hê of nie.

As ons Hom leer ken, vind ons uit dat Hy graag wil hê dat ons uit ons eie vrye wil Hom moet respekteer vir Wie Hy is. Hy wil ons nie dwing nie, hy wil hê ons moet vir Hom kies en nie teen Hom nie. Maar as ons teen Hom kies, moet ons niks van Hom verwag nie. As jy teen Hom is, is jy Sy vyand.

Ons het ‘n neiging om te dink dat ons waardes en ons reg en verkeerd op Hom van toepassing is. Dit is nie. Hy gee nie om wat ons sienings van goed en sleg is nie, dit is Sy siening wat tel. As ons praat van “wreed” of “menslik”, dan is dit hoe ons sulke dinge sien. Dit is nie noodwendig korrek omdat ons so dink nie.

Hy kan boosheid nie voor Sy oë verdra nie, Hy wil dit uitroei – en Hy gaan dit uitroei.

 

Save

Facebooktwittergoogle_pluspinterestlinkedinyoutube
Facebooktwittergoogle_pluspinterestlinkedin