Word die Boerevolk deur God gestraf?

Illustrasie: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/soveel-sterf-al-vanjaar-in-plaasaanvalle/

Ek het die afgelope week vir die eerste keer gehoor van ʼn prediker met die naam Roger Teale. Daar word gesê dat hy ʼn profeet is. Hy het Suid-Afrika in 1993 of 1994 besoek en voorspel dat daar groot moeilikheid kom. Sy besoek was dus tussen die 1992 ja-stem referendum en die 1994 “eerste demokratiese verkiesing”. Die ja-stemmers sou beslis nie met hom saamgestem het nie, hulle het toe vertel van die groot voorspoed wat kom, die regverdigheid wat kom, en sulke dinge.

Roger Teale het twee punte gemaak in sy voorspelling. Eerstens het hy gesê dat die moeilikheid wat kom God se oordeel oor ons is. Tweedens het hy twee tekens gegee wat sal gebeur: alles sal brand en niemand sal kan vlug nie want binnelandse vliegtuie sal nie vlieg nie. Deesdae sien ons heelwat brande orals.

Wat my pla is die stelling dat dit God se oordeel is. Veral ten opsigte van die Boerevolk. Kan dit wees dat God die Boerevolk straf? Indien wel, waarvoor?

...

Blykbaar is daar baie mense wat nie daarvan hou as mens sulke vrae vra nie. Hulle voel ongemaklik daarmee. Daar is ook baie mense wat meen dat dit vanselfsprekend is dat God aan ons kant is. Dit is ondenkbaar dat God teen ons is. Nog ʼn standpunt is dat God die wat Hy liefhet, tugtig. Dit is waar, God dissiplineer die wat aan Hom behoort, maar tugtiging en straf is twee heeltemal verskillende sake. Tugtiging is om op te voed, om reg te stel, dit is dissipline. Straf is oordeel en wraak.

Die wat bekend is met die Ou Testament, sal weet dat God die “uitverkore volk” Israel eers getugtig het en uiteindelik gestraf het. Vir tugtiging het God droogtes en ander rampe gebruik om hulle na Hom toe terug te bring. Hy het ook profete gestuur, maar hulle is doodgemaak. Om hulle te straf het Hy hulle land en eie regering weggevat, Hy het hulle in ballingskap laat wegvoer, net die heel armstes het in die land oorgebly. God het hulle oorgegee in die hande van hulle vyande. Hy het toegelaat dat hulle vyande, heidene wat afgode dien, sterker en ryker kan word sodat hulle Israel kan verpletter. Israel het hulle taal, Hebreeus, verloor en Arameessprekend geword.

As ek hieraan dink, kry ek ʼn hol kol op my maag en ʼn koue rilling gaan langs my ruggraat af. Word ons, die Boerevolk, deur God gestraf? Is dit wat aan die gang is?

Ek kan niks sê oor Roger Teale nie want ek weet niks van hom af nie. Maar indien God ons straf, moet ons weet waaroor ons gestraf word. Dan was daar sekerlik ook waarskuwings aan ons gerig waarna ons nie geluister het nie.

Daar mag dalk nog ʼn verdwaalde linkse wees wat sal sê dat Apartheid ons groot sonde was. Maar ek dog dan ons het amper 30 jaar gelede dit self afgeskaf. Dit kan nie die groot sonde wees nie. Dalk was die afskaffing van Apartheid die groot sonde? Dit kan wees dat God ons wou straf en toe iemand gestuur het om ons te mislei sodat ons aan ons vyande oorgelewer kan word. In hierdie geval sou ons sonde verder terug in die geskiedenis moet wees.

Ons kan met veiligheid sê dat God by Bloedrivier met ons was en ons gehelp het. Ons sonde of sondes moes dan iewers tussen 1838 en 1990 plaasgevind het. Ons weet dat die kerk niks met die Voortrekkers te doen wou hê nie en gevolglik niks met Bloedrivier of die Gelofte te doen het nie. Dit is eers nadat die Voortrekkers ʼn eie land kon bekom dat die kerk in hulle begin belangstel het. Dalk was dit ons sonde dat ons kerke toegelaat het om hulle neuse in volksake te steek.

Ek het ook al gewonder oor die Anglo-Boereoorlog. Het ons die oorlog verloor weens sonde by ons? Tot dusver kon ek geen inligting kry wat aantoon dat daar so ʼn groot sonde by ons aanwesig was nie. Sover ek kan sien moes dinge tussen 1902 en 1990 verkeerd gegaan het.

Die Afrikaner-Broederbond het in 1918 ontstaan in Johannesburg. Dit is nie vir my duidelik of hulle ʼn afdeling van die Vrymesselaars is en of hulle ʼn losstaande organisasie is nie. Ek het ook al gewonder oor die stigters se herkoms. Meeste van ons mense was erg verarmd en ook nie geleerd nie. Die meer welvarendes was dikwels die Hensoppers en Joiners. In ieder geval, die Broederbond het ongelooflike groot invloed binne ons volk verkry en hulle tentakels was orals.

Daar word vermoed dat die Broederbond ʼn leidende rol gespeel het in die verandering van die bewoording van die Gelofte, die ontwerp van die Voortrekkermonument as ʼn tempel, die moord van Dr. Verwoerd. Wat waar is en wat nie, weet ek nie. Hulle het sedert 1968 beheer oor die regering gekry en selfs beleid begin bepaal. Die eerste daarvan was die nuwe sportbeleid. (Dit moet in gedagte gehou word dat die Apartheidswandade wat tussen 1968 en 1990 plaasgevind het, die Broederbond se eie beleid en wandade was.) Hulle het ook die Nasionale Persgroep help opbou. Verder het hulle agter die skerms gewerk vir die afskaffing van Apartheid en om van PW Botha ontslae te raak. Dit was hulle, dit was nie ek nie en miskien ook nie jy nie. Word ons gestraf vir al die sondes van die Broederbond?

Wat ek wel van kan praat is dat ons volk sedert 1968 sportbeheb geword het. Ek weet nie presies hoe dit gebeur het nie. Voorheen was sport ontspanning, toe word dit vermaak en nou gaan dit oor geld. Na my mening het sport ʼn afgod geword, sportliefhebbers is bereid om enige iets op te offer vir die behoud daarvan. As dit nie ʼn afgod is nie, moes sportliefhebbers lankal ʼn streep getrek het en gesê het: tot hiertoe en nie verder nie.

Ek en my tydgenote kan nog ons ouers en grootouers se doen en late onthou. Hulle was eerlik, jy kon hulle woord neem, moraliteit was hulle riglyn in hulle daaglikse omgang met ander. Egskeidings en buite-egtelike kinders was skaars. Ons geslag was nie meer so nie. Die geslag na ons het nog verder verval. Daar is ʼn reg en verkeerd en dit word nie meer toegepas nie.

Dan is daar die liefde vir geld. Ons voorouers was arm in wêreldsgoed en het geld en besittings nie te hoog geag nie. Die Voortrekkers het dit wat hulle nie op ʼn wa kon laai nie, so te sê verniet weggegee. Met die Anglo-Boereoorlog was die makliker en meer voordeliger weg om nie oorlog te verklaar teen die magtige Britse Ryk nie. Maar vryheid en onafhanklikheid was vir hulle meer werd. Sedert ons verstedelik het, is ons nie meer so nie. Geld gee aan ons goeters en gerief, maar dit gee ook aan ons aanvaarding en status. Maar dit is nie die besit van geld wat ons probleem is nie, die probleem is dat ons nie bereid is om daarvan afstand te doen nie. Nie vir vryheid nie, nie vir selfbeskikking nie, nie vir moraliteit nie, nie vir dit wat reg is nie.

Die ergste is die afvalligheid van God af. Ja, daar is kerke en daar is mense op die kerkbanke, maar kerke is nie God nie. In plaas van “wat moet ek vir God doen?” vra ons “wat kan God vir my doen?”. God vra jou alles, jy kan nie met Hom onderhandel nie, jy kan nie met Hom redeneer nie. Jy kan Hom vra, maar Hy kan jou weier. Solank ons saak met Hom nie reg is nie, gaan Hy ons nie help nie. Hy sal ook nie Sy straf opskort nie.

Is die Boerevolk voor 1992 gewaarsku? Ek meen so. Die meerderheid het nie geluister nie Maar daar was tog ander wat gehoor het en magteloos moes toekyk hoe ons die afgrond ingelei word. Die wat ons gewaarsku het, was dikwels Engelssprekendes wat Afrikaans met ʼn Engelse aksent gepraat het. Onder ons eie mense is die wat gewaarsku het, verguis. Wie was toe uiteindelik reg: Terre’Blanche of de Klerk?

In die lig hiervan, wat is jou gevolgtrekking? Is dit God wat die Boerevolk straf? Of is dit iemand anders se skuld?

Facebooktwitterpinterestlinkedinyoutube
Facebooktwitterpinterestlinkedin

2 thoughts on “Word die Boerevolk deur God gestraf?”

  1. Abba straf die Boervolk, glo ek vir persoonlike sonde van ñ ieder en ñ elk. Nog nooit het ek so swak standaard van gedrag in een genariese van geen volk gesien soos nou nie.
    Oop en bloot sonde wat openlik in die publiek gepraktiseer word.
    • Oneerlikheid,
    • geen integriteit in besigheid
    • respek vir ouers en voorouers, (vloek selfs kras taal, onder die klere in voor ñ moeder, voor sy vriende, wat Hy weet ñ pastoor is),
    • hoerery,
    • dronkenskap (selfs bestuur wanneer drink, en
    • ñ beampte afkoop (bribe) wanneer gevang word),
    • wetteloosheid,
    • misbruik van verdowingsmiddels,
    • seks met alles en almal wat hulle pad langs kom,
    • vuiltaal en
    • Godslastering vier hoog gety,
    • selfs al korregeer mens kerkleiers uit die Bybel uit, stry hulle oor hulle Godgegewe reg om te maak soos hulle wil.
    • Een hoogs aangesiene Godsman laat sy tienerkinders (meisies en seun) onder sy dak, onder dieselfde kombers, in dieselfde bed, in dieselfde slaapkamer saamwoon soos man en vrou, –
    • (een sommer met ñ kleurling seun by sy pragtige, blanke donkerkop dogter.) En
    • dit alles sonder om getroud te wees,
    • of selfs nie aan mekaar trou te sweer voor sy eie gemeente.
    • Dié het nou almal kinders van hulle eie, en ooooo,
    • is oupa (hoogs aangesiene Godsman) tog so trots oor sy klein hoerkindertjies.

    Ek weet van pastore wat sonder ñ gevoel van skaamte met gemeentelede
    • seksuele verhoudinge aanknoop en volhou daarmee selfs na berisping.

    Ek het as ñ Boerseun, seun van ñ aambagsman op die myne, seun van ñ myner die liefde van God geleer. Vandag is ek ñ 64-jarige afgetrede pastoor, ook 43jr al getroud met ñ 64-jarige afgetrede vrouepastoor. Ons is nou nog besig met vrywillige, onbetaalde liefdadigheidswerk.

    As ons Elohim werklik God is (en ek glo Hy is) is Hy, YHWH so hartseer en bewoë oor die mensdom wat Hy geskape het dat Hy spyt moet wees dat Hy ons geskape het. Was dit ek sou ek Yahushûah nie eens gestuur het nie, en sou ek omtrent nou reg wees om die hele mensdom uit te wis en uit te roei, die hele ervaring af te skryf as ñ gefeilde poging.

    Ja ons Elohim het ons as Boervolk onder Sy strafgerig❗
    Ps Freddy

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui