Die nuwe normaal is abnormaal

https://kids-in-mind.com/v/venom-parents-guide-movie-review-rating.htm

Een gevolg van ouer word, is dat jy meer dinge het om met mekaar te vergelyk. Jy kan dinge van vroeër vergelyk met dinge van vandag. Nee, ek praat nie van “die goeie ou dae” nie. Ek praat ook nie van al die nuwe tegnologie van vandag nie. Ek praat van hoe mense hulle vandag gedra teenoor wat voorheen as goeie gedrag beskou is.

Neem  as voorbeeld die Profumo affair in Engeland. Die minister van verdediging is betrap in ʼn onbehoorlike seksuele verhouding en dit het selfs die Eerste Minister se kop laat rol. Die affair se gevolge was nie omdat dit ʼn sosiale skandaal was of omdat die publiek dit afgekeur het nie. Die ophef was eerste in die media en het daarvandaan na die publiek versprei. Profumo het ʼn verantwoordelike pos beklee wat direk Brittanje se veiligheid in gedrang gebring het. My vraag is: indien so-iets vandag sou gebeur, sal dit dieselfde gevolge hê? Of meet ons leiers vandag met ander maatstawwe?

Indien die president van ʼn land gereeld leuens vertel, sal hy sy pos verloor of sal geen haan daarna kraai nie? Kan dit verskoon word deur te sê dit is politieke retoriek en normaal? Redelik onlangs was daar ʼn video van ʼn Amerikaanse minister van buitelandse sake en ander hooggeplaastes wat hulle verlustig het in beeldmateriaal van die grusame verkragting en moord op ʼn buitelandse leier. Hierdie klaarblyklike sadisme by leiers het min aandag gekry. Net die opposisie het daarvan gepraat, die hoofstroommedia het dit verswyg. Die publiek is grootliks onbewus van die kaliber mense wat vandag hulle leiers is.

Jonger mense weet nie van die kommunisme wat in die Soviet Unie en Oos-Europa toegepas is nie. Dit was nie met instemming van die meerderheid mense ingestel nie, dit was op hulle afgedwing. Daar was geheime polisie wat op die publiek gespioeneer het. Die Bybel was ʼn verbode boek wat gekonfiskeer en verbrand is. Bybels moes ingesmokkel word. Net kerke wat deur die staat goedgekeur is, was wettiglik oop. Baie Christene het in die geheim bymekaarkom. Hardnekkige Christene is na tronke, arbeidskolonies of  psigiatriese hospitale gestuur. Dit word vertel hoedat iemand wat ʼn yskas nodig gehad het, eers toestemming moes kry om een te bestel. Dan moes die persoon twee jaar wag voor sy nuwe yskas afgelewer kon word. Hierdie dinge word nie meer vertel nie. Vandag is daar mense wat weer so ʼn stelsel wil afdwing.

Ons sien ook die afgelope ruk foto’s en video’s van witmense wat swartmense se voete was en voor hulle kniel. Blykbaar vra hulle die swartmense se vergifnis vir hulle “White Privilege”. Rassisme is die beweerde misdaad wat alle witmense pleeg. Die optogte, die onvermoë om te debatteer, die doodskree van opponente en ander absurde gedrag en kleredrag laat mens vra: wat is fout met die mense? Nogtans is daar ʼn groot aantal mense wat hulle so gedra en die media sorg dat ons daarvan weet. Dit is veronderstel om goed en aanvaarbaar te wees. Die hele spektakel is irrasioneel.

Dit is nie al wat irrasioneel is nie. Tans het ons die Covid-19 pandemie. Dit word ernstiger en gevaarliker voorgestel as wat dit werklik is. Iemand het onlangs ʼn berekening geplaas wat aandui dat die aantal sterftes wêreldwyd 0.003% van die bevolking is. Dit is nie eers 0.01% nie (nie eers 1 uit 10,000 nie). Dit is statisties ʼn onbeduidende getal sterftes. Nogtans het die regering dit goedgevind om hulle eie land se ekonomie te verwoes ter wille van iets wat onbeduidend is. Alles hieromtrent is irrasioneel en het, sover ek weet, nog nooit voorheen gebeur nie.

Wat het die mensdom ingevaar? Dit wat C.S. Lewis genoem het “The Law of Human Nature” word nou omvergewerp en mense pas nie meer oeroue menslike gedrag toe nie. Waardes wat die mensdom vir duisende jare gehandhaaf het, word nou verwerp. Hoe maak mens sin hiervan? Is daar ʼn soort geestesongesteldheid wat die mensdom oorval het? ʼn Siekte wat psigiatries behandel moet word?

As ek so kyk na foto’s en video’s van hoe mense hulle deesdae gedra, laat dit my dink aan flieks waar ʼn slymerige en grusame alien in ʼn mens se liggaam ingevaar het. Of iemand wat ʼn zombie word, of so iets. Waar ʼn normale mens dan ʼn monster word. Fantasie wat waar word.

Wat beskou jy as ʼn alien? As jy die Bybel lees, mag jy dalk demone as aliens beskou. Hulle is nie van die aarde nie, is nie mense nie, is nie liggaamlik nie. Is daar vandag ʼn buitengewone toename in demoniese besetenheid? Dit sal heelwat van die vreemde gedrag wat ons waarneem, verklaar.

Daar word deesdae gepraat van die “nuwe normaal”. Die “nuwe normaal” is nie soos die vorige “normaal” nie. Dit is irrasioneel, dit is gekheid, dit is abnormaal.

SPESIALE AANBOD: GRATIS E-BOEKE

Aan die regterkant hiervan is  besonderhede oor my e-boeke. Indien u belangstel om een of meer daarvan te lees, kan u ‘n e-pos stuur aan buitepos@minderheidsverslag.co.za en ek stuur vir u ‘n gratis boek. Spesifiseer asseblief net of u dit in PDF of EPUB formaat wil hê.

Facebooktwitterpinterestlinkedinyoutube
Facebooktwitterpinterestlinkedin

Sonder lojaliteit is jy niks

https://www.slideshare.net/ernestipotgieter/6-april-2014-jou-lojaliteit-verklap-jou-prioriteit

Veronderstel ʼn getroude man wat nie ander (gewillige) vrouens kan uitlos nie. Ooglopend pleeg hy owerspel. Tog is daar ʼn dieperliggende probleem: hy is dislojaal aan sy vrou en gesin.

Iemand kan op ander gebiede ook dislojaal wees. Aan sy werkgewer, aan sy land, aan ʼn saak, ensomeer. Dislojaliteit is troubreuk, hy verbreek die vertroue wat in hom gestel word. Die vertroue wat in hom gestel word kan wees op grond van ʼn onderneming wat hy gegee het, dit kan wees dat hy ʼn belofte gemaak het, dit kan ook wees dat dit ongeskrewe gedrag is wat van almal verwag word.

Tydens die Anglo-Boereoorlog het sommige burgers van die Boererepublieke dit goedgevind om Hensoppers en Joiners te word. Hulle was ontrou aan hulle land en volk. Daar kan geen verskoning vir hulle wees nie. Ideologiese verskille of ontevredenheid met die regering is nie aanvaarbaar om jou eie land in ʼn oorlog te verraai nie. Soos ek verstaan het meeste van hulle dit vir eie gewin gedoen, hulle is deur die Britse magte beloon. Ander het dit uit afguns teen hulle meer suksesvolle volksgenote gedoen. Hulle het onheil oor hulle volksgenote, familie en bure gebring vir eie bevrediging.

Vandag het ons ook allerlei lede van ons volk wat vyandig teen hulle eie mense is. Hulle mag beweer dat hulle nie teen die volk is nie, maar dat hulle ʼn politieke siening het wat van ander verskil, dat hulle teen verkeerde dinge by die volk is, dat hulle slegs geregtigheid nastreef. Dit is net hulle wat dit so sien.

NP van Wyk het gepraat van “lojale verset”. Meeste kommentaar daarop handel oor die noodsaak tot verset. Min kommentaar handel oor die noodsaak tot lojaliteit.

Verset teen jou eie volk se owerheid of elite mag nodig wees, maar dan is dit ʼn interne saak tussen jou en hulle. Jy verset jou teen hulle, maar nie teen jou volk nie. Jy gee om vir jou eie mense al is hulle in jou oë verkeerd. ʼn Tiener wat teen sy ouderwetse ouers rebelleer, moet nog steeds sy ouers beskerm teen gevare en bedreigings. As hy hulle lief het.

Lojaliteit beteken dat jy nie vyandig teenoor jou eie mense sal wees nie, jy sal hulle nie kwaad aandoen nie, jy sal by hulle staan in nood, jy sal hulle verdedig teen buitestaanders. Om dit nie te doen nie, beteken jy kan nie vertrou word nie. Jy is ʼn persoon van swak karakter.

Lojaliteit is ʼn waarde, dit is iets innerlik, dit sê wat se soort mens jy is.

SPESIALE AANBIEDING:

My boeke verskyn aan die regterkant as bladsye. Dit kan gratis bekom word deur ‘n epos te stuur aan: buitepos@minderheidsverslag.co.za. Noem of u dit in PDF of EPUB formaat wil hê.

Facebooktwitterpinterestlinkedinyoutube
Facebooktwitterpinterestlinkedin

Die Storie van ons volk: ʼn leser se kommentaar

Ek het die onderstaande kommentaar op my boek “Die Storie van ons Volk” ontvang.

Baie dankie vir “Die Storie van ons Volk”. Ek het dit baie geniet en baie insiggewend gevind. Ek kan sien dat dit ook baie navorsing behels het om al die feite reg te kry. Ek wens regtig jy kan dit gepubliseer  kry om ook balans aan die geskiedenis te gee. Daar is soveel linkse en wêreldse sieninge oral beskikbaar dat dit moeilik is vir enigeen om ‘n gebalanseerde mening oor ons geskiedenis te kan verkry.

Die boek is duidelik uit ‘n godsdienstige en regse oogpunt geskryf. Iemand soos ek (wat sedert 1969 regs was), kan maklik met die boek identifiseer. Ek het na die “Nee”‘ stem van 1992 uit die politiek uit onttrek omdat ek blanke politiek as irrelevant beskou. Selfs vandag vind ek dit vreemd dat goeie vriende my skeef aankyk as ek sê dat ek HNP was. Dit is asof hulle nie kan glo dat iemand wat ‘n bietjie verstand het, polities so kon dink nie. Dit is ook steeds duidelik dat die destydse “elite” wel daarin geslaag het om  die ware siening van “regse” mense verdag te maak en die Nasionale Party se propaganda heelhuids te kon insluk sonder om dit te bevraagteken. Vandag is almal egter bewus van die gevolge van hulle keuses van destyds.

Polities  is hierdie boek nie maklik vir Jan Alleman  aanvaarbaar nie. Pasop vir kafferboom (bl37) wat tans taboe is. 

Verder is ek nie seker dat ek met die oplossing van die boek saamstem nie. Dit sal verseker ‘n ideale oplossing wees, maar ek dink dit is baie moeilik haalbaar. Die kleurlinge het ‘n rukkie gelede dieselfde pad gestap en het niks bereik nie. Dit is staatkundig korrek, maar om in die praktyk te bewerkstellig, baie moeilik (vergelyk bv. die Baske in Spanje wat al jare lank veg). Ons beskik nie naasteby oor ‘n sterk leier om die voortou te neem nie. (Terloops, in ons volksgeskiedenis het Shepstone die ZAR met 25 polisiemanne ingeneem en 3 jaar later is Brittanje by Majuba verslaan en is onafhanklikheid weer verkry)

Vir my lyk dit of AfriForum en Solidariteit tans ‘n werkbare oplossing het wat redelike wye steun geniet. Al hulle optrede is nie alles reg nie, maar hulle het al baie suksesse behaal in hulle stryd om vir spesifiek die Afrikaner in die bresse te tree. Ek dink hulle kan daarin slaag om groot steun uit Afrikaner geledere te verkry.

Tans kry ek die gevoel dat ons as Afrikaners in ‘n “bubble” leef’. Suid Afrika is duidelik nou onder ANC bewind ‘n Derde Wêreld land. Tog lewe ons in ‘n Eerste Wêreld land as ek na myself en bv. my seuns kyk. In Pretoria is my kleinkinders in top skole wat steeds puik onderrig gee en hoë geestelike en morele waardes toepas en handhaaf. Dit skep ‘n kunsmatige atmosfeer wat ek nie weet of dit volhoubaar is nie.

Ek het baie van jou boek gehou en dit verteenwoordig beslis my siening. Ek het probeer om kritiek te lewer en vir jou terugvoer te gee. 

Ek sal graag jou ander boek van die Dagboek van Luit van Vuuren ook wil lees. Laat weet vir my hoe ek dit onder oë kan kry.

Groete. 

Belangstellendes kan die boek gratis bekom deur dit aan te vra by: buitepos@minderheidsverslag.co.za. Spesifiseer of die pdf of epub weergawe verkies word.

Facebooktwitterpinterestlinkedinyoutube
Facebooktwitterpinterestlinkedin

Die verborge oorlog

Illustrasie: https://nuus.info/onverklaarde-oorlog-vind-plaas-teen-die-afrikaner-in-suid-afrika/

Daar is ʼn omvattende aanslag teen die Blankes in Suid-Afrika. Teen die Boere en Setlaars, nie teen die meelopers nie.

ʼn Gewone oorlog is waar volke of lande teen mekaar veg met tenks, missiele, ensovoorts. Hulle weermagte is in ʼn stryd teen mekaar gewikkel. Tans is ons nie in so ʼn oorlog betrokke nie. Die aanslag teen ons is anders en vind op vier fronte plaas: daar is ʼn fisieke aanslag, daar is ʼn kulturele aanslag, daar is ʼn ekonomiese aanslag en daar is ʼn geestelike aanslag. Hoe ons ons hierteen moet verdedig is ʼn tameletjie.

Die fisieke aanslag teen ons is nie ʼn amptelik verklaarde oorlog nie. Dit word ontken dat daar teen die Blankes ʼn oorlog gevoer word. Die tipe oorlog wat gevoer word is ʼn terroriste oorlog en het al die kenmerke van terrorisme. Die doel is om deur terreur vrees en onderdanigheid by ons volk te kweek. Dit moet nie as ʼn oorlog herkenbaar wees nie en die hele volk moet geïntimideer word. Die barbaarse plaas- en dorpsmoorde is deel daarvan. Die aanvallers is nie vooraf bekend nie, dit kan enige iemand wees. Die teikens is ook nie vooraf bekend nie, die slagoffers is ook nie vooraf bekend nie. Daar is geen moontlikheid om die terroriste te beveg nie, hulle kan nie met ʼn teenoffensief aangeval word nie. Ten beste kan verbeterde veiligheidsmaatreëls dit verminder, maar nie verhinder nie. Die opset is tans dat die staat beweer dit is “gewone misdaad” en dat die polisie (met bittermin sukses) dit moet hanteer.

Alhoewel dit nie tans direk teen ons gemik is nie, is daar ook die gewelddadige onluste met brandstigting en plundery. Hoe lank gaan dit duur voordat dit spesifiek teen Blankes gerig gaan word? Ons moet ons vir so ʼn moontlikheid voorberei.

Dan is daar dorps- en straatname wat verander word. Standbeelde van volkshelde word beskadig en moet verwyder word. Daar is pogings om al ons volksimbole uit te wis: die Unievlag, die Stem en die Springbokembleem. Dan is daar ook die aanslag teen Afrikaans en alles wat Afrikaans is. Ons voorgeslagte het met opoffering Afrikaanse universiteite gebou, nou is dit afgebreek en moet ʼn nuwe Afrikaanse universiteit weer gebou word. Eintlik is daar ʼn hele klomp goed wat ons tot stand gebring het, wat vernietig is en weer gebou moet word. Die doel van hierdie aanslag is om ons kultuur te vernietig. Van ons kultuurgoed word reeds nie meer erken as ons kultuurskeppinge nie, dit word aan ander mense toegeskryf.

Die staat diskrimineer teen Blankes deur Regstellende Aksie en die BBBEE beleid wat afgedwing word. Binnekort word onteiening van bates sonder vergoeding ook toegepas. Die eerste slagoffers is die eienaars van landbougrond, daarna kry die eienaars van ander bates ʼn beurt. Die propaganda is dat Blankes baie ryk geword het uit die verdrukking van Bantoes en die diefstal van grond. Daarmee saam is daar die verskynsel van Blanke plakkerskampe en Blanke armoede.

Ons volkskultuur is ook deur ons Christelike godsdiens gevorm. Die staat wil wette, wat in stryd met ons godsdiens is, op ons afdwing. Die keuse waarvoor ons gestel word, is: moet ons God gehoorsaam of moet ons die mens gehoorsaam? Dieselfde keuse as wat ons voorgeslagte ook moes maak. Hulle het gekies om God te gehoorsaam en was bereid om die prys daarvoor te betaal.

Die oorlog teen ons is omvattend. Die vyand is nie net die gewelddadige massas nie, dit is ook die staat en die staatsorgane. Hulle word bygestaan deur die hoofstroommedia en van ons eie verloopte kerke, joernaliste en akademici. Die belangrikste wapen wat teen ons gebruik word is die leuen.

Ons jongmense word blootgestel aan die leuen in die skole en universiteite. Soek jy inligting op die internet oor “Apartheid”, kry jy net een weergawe. Dinge wat jy self gesien en beleef het, kan jy nêrens vind nie.

Een groot leuen is “Apartheid”. Die Blankes wou nooit oor die ander bevolkingsgroepe regeer nie, dit was ʼn ongeluk van die geskiedenis dat Suid-Afrika in 1910 ontstaan het as ʼn multikulturele staat. Effektief het die Blankes ʼn “voogdyskap” oor die ander bevolkingsgroepe geërf. Die Blankes se vlak van beskawing was heel anders as die van veral die Bantoes. Hierdie probleem met voogde wees vir die Nie-blankes was ʼn groot probleem en daar is gesoek na ʼn morele en regverdige oplossing vir die saak. Dit het tot die totstandkoming van die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling (die amptelike naam) gelei. Daarmee het die Blankes verantwoordelikheid geneem vir die onontwikkelde Bantoe volke. Dit was nie hulle wetlike plig om verantwoordelikheid vir die Bantoes te neem nie, hulle het dit as ʼn daad van naasteliefde gedoen. Die beleid se grootste probleem was die aanwas van die Bantoebevolking – daar kon nie voorgebly word met die voorsiening van werkgeleenthede, huisvesting, onderwys en mediese sorg nie. Die Bantoes het uit hulle tradisionele woongebiede verhuis na Blanke gebiede toe op soek na ʼn beter lewe as wat hulle tradisionele leiers aan hulle kon bied. Die Blanke belastingbetalers kon net soveel bekostig. Die beleid het nie ontstaan uit die begeerte om te onderdruk nie, dit het ontstaan uit die begeerte om op te hef.

Die beleid was so suksesvol dat die Suid-Afrikaanse Bantoes ʼn beter lewenstandaard gehad het as in enige ander Afrikaland. Daar was bankies gereserveer vir Blankes en bankies gereserveer vir Nie-blankes. Nie-Blankes het ʼn bankie gehad om op te sit, hulle hoef nie op die grond te gesit het nie. Daar was skole vir Blankes en skole vir Nie-Blankes. Die destydse regering het met hoofsaaklik Blanke belastingbetalers se geld skole vir Nie-Blankes gebou. Nie-Blankes was nie ongeletterd gelaat sodat hulle op hulle plek kon bly nie. Dieselfde het gegeld vir universiteite, hospitale en nog meer. Die leuen oor “Apartheid” is dat die motief daaragter voorgestel word asof Blankes net Bantoes wou onderdruk. Spandeer jy soveel geld en moeite om gelyke geriewe daar te stel en om nywerhede naby tradisionele woongebiede op te rig as jy iemand wil onderdruk?

Dit was hoofsaaklik kommuniste wat “Apartheid” wou gebruik om die Bantoe meerderheid te monster vir hulle saak. Daarin was hulle suksesvol en het met die hulp van ander kommuniste en kommunistiese lande ʼn terreur veldtog teen die Blanke staat begin. Talle burgerlikes (Blank en Nie-Blank) het gesterf of is vermink deur terreurdade. In later jare het enkele regeringsamptenare, in die bevegting van terrorisme, hulle skuldig gemaak aan wandade. Die oorgrote meerderheid Blankes (ook die staatsamptenare) was nie bewus daarvan nie en sou dit nie goedgekeur het nie.

Die beskuldiging van “rassisme” is nog een van die leuens. Dat daar verskille is tussen individue, volke en rasse is vanselfsprekend. In Suid-Afrika word “rassisme” vandag gesien as rassehaat. Die leuen wat oor en oor herhaal word, is dat Blankes die Nie-Blankes (veral die Bantoes) haat. Hoekom sou ʼn suksesvolle Blanke ʼn onsuksesvolle Bantoe haat? Daar was ook nog nooit ʼn siening by die deursnee Blankes dat hulle wil of moet heers oor Nie-Blankes nie.

Ons weet wie die vader van die leuen is. Dit maak van hierdie aanslag teen ons ʼn geestelike oorlog. Efesiërs 6:10-12: Wees daarom, my broers, versterk in ons Meester en in die grootheid van Sy krag. Trek al die wapenrusting van God aan sodat julle in staat is om staande te kan bly teen die strategieë van die teëstander, want julle geveg is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die heersers, teen die outoriteite, teen die heersers van hierdie wêreld van duisternis en teen bose geeste onder die hemel. (PWL-vertaling)

Wat is die doel met al hierdie aanslae teen ons? Die hoofstroommedia ontken dat daar so ʼn aanslag teen ons is. Party beweer dat hierdie aanslae ʼn “samesweringsteorie” is van Blanke regses. Ander weer sê dat Blankes dit verdien weens hulle misdade teen die Bantoes.

...

Facebooktwitterpinterestlinkedinyoutube
Facebooktwitterpinterestlinkedin

Regte-egte Christene

Illustrasie: https://www.abebooks.com/book-search/title/die-pelgrim-se-reis/

Voordat ons oor Christene kan praat, moet ons eers verduidelik van wie ons praat.

Daar is mense wat ʼn probleem met Christene het, soos ateïste en so. Hulle het skynbaar nie ʼn probleem met Boeddhiste, Hindoes, Jode en Moslems nie. Hulle het net ʼn probleem met Christene. Moslems het ook ʼn groot probleem met Christene.

Wat bedoel hulle as hulle van Christene praat? Moslems sien Kersfees as ʼn christelike fees (wat dit nie is nie) en beskou mense wat Kersfees vier as Christene. Daar word ook aanvaar dat iemand wat aan ʼn kerk behoort ʼn Christen is – al sou daardie persoon nooit ʼn voet in ʼn kerk sit nie. Daar is natuurlik ook baie persone wat, as jy hulle vra, hulleself beskryf as Christene – maar daar is niks aan hulle wat van hulle Christene maak nie. Daar is ook sulke halwe-Christelike groepe en mense wat baie godsdienstig is, maar eintlik nie werklik Christene is nie.

Dit alles is ʼn baie groot probleem vir regte-egte Christene. Sê jy vir iemand dat jy ʼn Christen is, dink hulle jy is dieselfde as al die ander wat ook so sê. Is daar nie ʼn ander naam wat jy kan gebruik om regte-egte Christene van die res te onderskei nie? Dit is al probeer, maar dit werk nie baie goed nie. Noem jy jouself byvoorbeeld ʼn Nasarener, word jy misverstaan of iemand anders begin ook die naam gebruik. Ons hou dus maar by die naam Christene en probeer om die regte-egte Christene te beskryf.

ʼn Regte-egte Christen is in die eerste plek ʼn selferkende sondaar. ʼn Sondaar is iemand wat ʼn mislukking is. Hy besef hy is ʼn oortreder. Hy skiet te kort. Hy voldoen nie aan die Skepper se vereistes nie en is ʼn teleurstelling vir Hom. Hy weet hy doen en dink verkeerde goed. Hy doen ook verkeerd aan ander mense. Hoewel hy weet hy is ʼn sondaar, wil hy nie so wees nie. Hy wil graag ʼn goeie verhouding met sy Skepper en ander mense hê, maar hy kan nie. Daar is by hom ʼn onvermoë om nie sleg te wees nie. Op sy eie, op eie stoom, met die beste wil in die wêreld, kan hy nie ʼn beter mens wees nie. Hy besef hy is verlore. Dit is onmoontlik vir hom om te dink hy is beter as ander mense, hy kan nie neersien op ander mense nie, hy kan nie ander mense verwyt vir hulle sondes  nie.

Die regte-egte Christen wil uit sy verlore toestand gered word. Hy kan nie homself red nie, hy het iemand nodig wat hom kan red. Die regte-egte Christen het uitgevind dat daar wel ʼn redder beskikbaar is. Hy het uitgevind dat Jesus Christus (Yeshua die Gesalfde) gekom het om mense soos hy te red. Deur Jesus Christus kan hy ʼn nuwe lewe kry, daar is hoop vir hom en hy kan in die regte verhouding met sy Skepper en ander mense kom.

Daar is net een persoon wat hom kan red, slegs Jesus Christus kan hom red. Net Hy en niks en niemand anders nie. Jesus Christus is die enigste weg tot vergifnis, versoening en verandering. Dit help nie om ʼn goeie mens te wees nie, dit help ook nie om goeie dade te doen nie, lidmaatskap van ʼn kerk kan dit nie doen nie, afgestorwe heiliges kan dit nie doen nie, geen godsdiensleier kan dit doen nie. Dit help ook nie om die Ou-Testamentiese wette te onderhou nie. Slegs Jesus Christus.

Om deur Jesus Christus gered te word, is daar net een ding wat jy moet doen: jy moet Hom vertrou. Die tweede kenmerk van die regte-egte Christen is dat hy vir Jesus Christus ten volle vertrou en op Hom staat maak. Hy hoef niks meer en niks anders te doen nie. Jy word alleenlik deur vertroue gered. Die woord “geloof” het nie meer dieselfde betekenis as vroeër nie. Jy kan glo dat Jesus gebore is, gekruisig is, opgestaan het uit die dood en opgevaar het na die hemel maar dit beteken nie dat jy Hom vertrou nie.

Die regte-egte Christen wil nie bly soos hy is nie. Hy wil verander. Hy wil nie meer slegte gedagtes en emosies hê nie, hy wil nie meer verkeerde dinge sê en doen nie. Hy wil wees soos sy Skepper wil hê hy moet wees. Die regte-egte Christen wil verander. Daar is wel ʼn proses van verandering tot sy beskikking: dit word “heiligmaking” genoem. Jesus Christus het na Sy hemelvaart ʼn Helper gestuur: die Heilige Gees. Met Sy hulp gebeur dit dat die regte-egte Christen stukkie vir stukkie verander – van binne af buite toe. Hierdie proses duur lewenslank en daar is dikwels terugslae wat oorkom moet word. Hierdie proses bly jou herinner aan wie jy was en dat jy steeds nie beter as ander mense is nie.

Hoe kan ons weet wat ons Skepper van ons verwag? Hoe weet ons wat Jesus Christus gedoen en geleer het? Slegs die Heilige Skrif het die antwoorde. Die regte-egte Christen hoor die stem van sy Meester in sekere boeke. Hierdie boeke is deur God geïnspireer, hulle is anders as ander boeke. Hierdie boeke word die Bybel genoem en bevat die boeke wat van omtrent 200 n.C. tot vandag toe gebruik word. Die regte-egte Christen doen moeite om hierdie boeke te bestudeer, hy neem hulle ernstig op en probeer sy lewe daarvolgens inrig. Die regte-egte Christen is ook gesteld op die akkuraatheid van vertalings en interpretasies. Hy is ʼn lewenslange student van die Heilige Skrif en gebruik slegs die Heilige Skrif.

Die regte-egte Christen weet dat hy dit nie verdien het om gered te word nie. Dit is ʼn geskenk wat hy ontvang het, dit is ʼn onverdiende guns wat hy ontvang het. Sy redding was slegs deur genade. Hy kan nie self daarop roem nie. Hy kan slegs aan Jesus Christus die eer daarvoor gee.

Die regte-egte Christen kry teenstand van sy gesin, sy familie, sy vriende en sy kollegas. As die regte-egte Christen ʼn Jood was, word hy ʼn uitgeworpene by sy eie volk. As hy ʼn Moslem was, kan hy doodgemaak word. As hy in ʼn kommunistiese land gewoon het, kon hy tronk (of strafkamp) toe gaan. Party is selfs geestelik versteurd verklaar. Behalwe vir ander regte-egte Christene, hou ander mense nie van iemand wat ʼn regte-egte Christen word nie. Al doen hy niks aan hulle nie, al hou hy by homself, mense voel geïrriteerd deur hom. Hulle hou ook nie daarvan dat hy verander nie, dit maak hulle ongemaklik.

Om ʼn regte-egte Christen te wees, is nie maklik nie. Dit is ʼn moeilike pad maar dit is die moeite werd. ʼn Regte-egte Christen wil sy nuwe lewe nooit verloor nie. Hy wil nie weer terugkeer na sy ou lewe nie.

...

Facebooktwitterpinterestlinkedinyoutube
Facebooktwitterpinterestlinkedin

Die invloed van Protestantisme op ons volk

Illustrasie: https://stad.gent/bibliotheek/dossiers/vroeger-en-nu/500-jaar-protestantisme

Daar is hoofsaaklik drie groot vertakkinge in die Christelike geloof: die Ortodokse siening, die Rooms-Katolieke siening en die Protestantse siening.

Ons stamouers was die nageslag van die oorspronklike wegbrekers uit die Rooms-Katolieke Kerk. Ons stamouers het groot geword as Protestante en hulle nageslag ook so opgevoed. Die een geslag het die volgende geslag, tot betreklik onlangs toe, ook so opgevoed. Die Protestantisme is so geheel en al deel van ons volksaard dat ons nie onsself kan verstaan of beskryf daarsonder nie. Protestantisme het nie net ons geloof bepaal nie, dit het ook ʼn invloed op ons kultuur uitgeoefen.

Daar was nog nooit net een Protestantse kerk nie, daar was nog altyd verskillende strominge binne die Protestantisme. Van die strominge wat by ons voorkom is die Gereformeerde, Baptistiese, en Pinkster strominge. Ten opsigte van kerkregering kan ons onderskei tussen die Presbiteriaanse, die Kongregasionalistiese en die Episkopaalse vorms. Die Anabaptisme (Wederdopers) het glad nie by ons voorgekom of invloed uitgeoefen nie.

...

As daar dan soveel verskille tussen Protestante bestaan, wat het hulle dan in gemeen? Die Protestantse leiers het oorspronklik nie bedoel om ʼn nuwe kerk te stig nie, hulle wou die Rooms-Katolieke Kerk van binne af hervorm. Dit het gelei tot konflik tussen hulle en die Rooms-Katolieke Kerk, dit weer het gelei tot vervolging en godsdiensoorloë. Protestante se een gemeenskaplike ooreenkoms is hulle teenstand teen die Roomse kerk. Ondermeer het hulle nie die oppergesag van die Pous erken nie, hulle het nie die verering van Moeder Maria en kerklike heiliges erken nie, hulle het slegs twee sakramente (die doop en nagmaal) as Bybels korrek erken en hulle het nie met die Roomse kerkregering saamgestem nie.

Dit wat alle Protestante onderskryf word saamgevat in vyf Latynse uitsprake, naamlik Sola Christus, Sola Scriptura, Sola Fide, Sola Gratia en Soli Deo Gloria. Hierdie vyf uitsprake is die kernbeginsels van die Protestantisme.

Met Sola Christus word bevestig dat Jesus Christus die enigste middelaar tussen God en mens is. Daarmee verwerp hulle die Roomse sienings ten opsigte van die Pous as Christus se verteenwoordiger, die belangrikheid van kerklike tradisies en kerklike heiliges.

Sola Scriptura is die standpunt dat slegs die Heilige Skrif as gesaghebbend erken word. Sola Scriptura bevat vier belangrike leerstellings: dat die onderrig van die Heilige Skrif noodsaaklik is, dat die Heilige Skrif voldoende is, dat alles in die Heilige Skrif korrek is en dat gelowiges self die Heilige Skrif kan lees en met die hulp van die Heilige Gees kan verstaan. Die Rooms-Katolieke Kerk se siening was dat slegs sekere persone, die ingewydes, ʼn spesiale status het om die Heilige Skrif te kan interpreteer. Leke kon nie. Hulle het ook geglo dat idees wat baie oud is die Heilige Skrif verklaar. Verder het die Roomse kerk boeke in hulle Bybel ingesluit wat Protestante nie as Goddelik geïnspireerd erken het nie.

Sola fide beteken dat die mens slegs deur geloof in Jesus Christus gered kan word. Daar is geen ander manier nie. Hulle het die Roomse stelsel van goeie werke, boetedoening, kwytskelding deur priesters en die vagevuur verwerp.

Met Sola gratia word gesê dat verlossing slegs deur genade geskied. Verlossing kan nie verdien word nie en goeie werke het geen invloed op verlossing nie.

Die uitspraak Soli Deo Gloria beteken dat aan God al die eer toekom vir die redding van mense. Verlossing word slegs deur Sy wil en handelinge bewerk. Dit sluit in die gawe van geloof. Mense, soos die Pous en die kerklike heiliges is nie eer waardig nie.

Die Protestantse lewensuitkyk het die huwelik en gesin, opvoeding, geesteswetenskap en natuurwetenskap, die sosiale en politieke orde, die ekonomie en die kunste ten goede beïnvloed. Protestante se kultuur het grootliks bygedra tot die ontwikkeling van die Westerse Beskawing.

Omdat hulle mense aangemoedig het om self die Heilige Skrif te lees, het Protestante onderwys op alle vlakke bevorder deur skole en universiteite te stig. Die Protestantse konsep van God en mens het gelowiges toegelaat om al hul Godgegewe fakulteite en talente te gebruik, hulle kon God se skepping verken en verantwoordelik gebruik. Gelowiges is aangemoedig om hardwerkend te wees. Daar word gepraat van die spesifieke werksetiek wat by Protestante voorkom. Die Protestantse morele kode het die luukse afgekeur en spaarsamigheid en verstandigheid aangemoedig. Gevolglik het vakmanne, nyweraars en ander sakelui die grootste deel van hulle winste herbelê in beter gereedskap, beter masjinerie, beter produksiemetodes en beter lone vir hulle werkers. Wetenskaplike navorsing is gestimuleer en verskeie baanbreker uitvindings was deur Protestante gedoen. Dit was Protestante wat die republikeinse ideaal ontwikkel en ondersteun het. Hulle het die konsep van ʼn staatskerk verwerp en geglo daar moet skeiding tussen kerk en staat wees. Protestante was vervolg weens hulle geloof en was voorstanders van godsdiensvryheid. Protestante het ook hospitale, tehuise en ander instellings gestig. Prominente komponiste, skilders en skrywers kon uitstaande werk lewer danksy hulle Protestantse agtergrond.

Dit is ons erfenis en het ons volk gevorm. Dit verhoed nie iemand wat nie ʼn Protestant is om deel van ons volk te wees nie, solank hy aanvaar dat die res van sy volksgenote wel Protestante is. Hy is dus ʼn uitsondering en moet homself sonder kritiek daarby neerlê. Dit beteken ook dat hy die volk se erfenis sal respekteer en nie sal probeer aftakel nie.

Ons moet ons erfenis in stand hou en dit oorlewer aan ons nageslag. Dit moet onthou word dat die Gelofte deur Protestante afgelê is.

Facebooktwitterpinterestlinkedinyoutube
Facebooktwitterpinterestlinkedin

Sedeloosheid by ons volk

Illustrasie: https://anethadewet.wordpress.com/2013/10/27/n-verlore-wereld/

Na die Tweede Wêreldoorlog het daar sedelike verval in die Westerse wêreld ingetree. Dit was ʼn geleidelike proses en vooroorlogse sedes is stuk-stuk afgebreek. Dit het oor die wêreld versprei deur publikasies, rolprente en musiek. Ons volk was nie immuun daarteen nie en het dit mettertyd nagevolg.

In 1963 is die Wet op Publikasies en Vermaaklikhede aanvaar om ons sedes te beskerm. Die doel was om publikasies ongewens te verklaar wat onbetaamlik of onwelvoeglik is, godslasterlik is of enige godsdiens aanstoot gee, wat enige bevolkingsgroep belaglik of veragtelik maak en wat nadelig is vir veiligheid of vrede. In 1974 is hierdie wet vervang met ʼn nuwe wet. Die redes vir die nuwe wet was dat die publiek nie meer vertroue in die bestaande stelsel gehad het nie en dat die vervlakking van die volk se moraal en goeie sedes kommunisme kon bevorder. Hierdie wet was drakonies en is veral deur Afrikaanse skrywers en kunstenaars gekritiseer. In 1995 is weer ʼn nuwe wet aanvaar wat groter verdraagsaamheid wou skep vir sedeloosheid. Die wet het die begrip sosiaal aanvaarbaar vervang met die begrip skadelik. Met ander woorde, dit maak nie saak of iets sosiaal onaanvaarbaar is nie, solank dit net die skadelik is nie. Of enige van hierdie wette tot verbetering van sedes gelei het, is te betwyfel. Ten spyte van sensuur, het die algemene sedes vervlak en verval. Verder het sensuur tot inperking van vryheid van spraak, wat ʼn hoeksteen van republikanisme is, gelei.

Ons sedelike verval hou ook verband met die ideologiese veranderinge tussen 1948 en 1994 binne die regerende Nasionale Party. Die tydperk van 1948 tot 1966 was gekenmerk deur die ideologie van Afrikaner-Nasionalisme, die jare van 1966 tot 1979 was gekenmerk deur Verligtheid, van 1979 tot 1989 was gekenmerk deur Hervorming en van 1989 tot 1994 was gekenmerk deur Magsdeling.

Tydens die tydperk van Afrikaner-Nasionalisme het ons steeds die tradisionele sedes van ons voorgeslagte gevolg. Tydens Verligtheid het ons geleidelik moderne Westerse liberalisme begin navolg. Hierdie soort liberalisme moet nie met klassieke liberalisme verwar word nie. Gedurende die tydperk van Hervorming was daar groot druk en protes om toe te gee aan moderne Westerse liberalisme. Onder Magsdeling is toegegee aan al die eise wat gestel is. Die volk het die owerheid gekies wat oor hom regeer het. Gevolglik is ons self medeverantwoordelik vir ons sedelike verval. Ons het veranderinge goedgekeur en sonder kritiek nagevolg, die minderheid het probeer wal gooi maar kon nie daarin slaag om die hele volk te oortuig nie.

...

Suid-Afrika het in 1976 televisie gekry. Aanvanklik was goeie programme uitgesaai, maar in later jare het dit verswak en uiteindelik net dit ʼn wegbereider vir moderne Westerse liberalisme geword. Televisie het so populêr geword dat mense hulle aandetes voor die televisie genuttig het. Dit het die samesyn en gemeenskaplikheid van die gesin grootliks vernietig. Indirek het dit ook die gesin se godsdiensbeoefening laat skipbreuk lei. Dit het ook sosiale verkeer benadeel, soveel so dat jy amper ‘n tyd moes bespreek om vir vriende en familie te gaan kuier.

ʼn Baken in ons sedelike verval was die Egskeidingswet van 1979. Van antieke tye af, was die basiese  regsbeginsel die skuldbeginsel: in geval van egskeiding was een party skuldig en die ander party was onskuldig. (Dit was ook moontlik dat albei partye skuldig was). Onder die ou egskeidingswet was die hoofgronde van egskeiding owerspel en kwaadwillige verlating. Regsgeleerdes, predikante en sosioloë het gemeen dat die ou wet hervorm moet word. Die 1979 wet het die skuldbeginsel afgeskaf en vervang met ʼn moderne beginsel: onherstelbare verbrokkeling van die huwelik (niemand het skuld daaraan nie, dit is ʼn normale ding dat huwelike misluk). Die gevolg was nie dat egskeidings verminder het nie, maar dat egskeiding makliker geword het en vermeerder het. Die verandering in die wet het verder veroorsaak dat die huwelik self nie meer so belangrik is nie, en beslis ook nie heilig is nie. Mense het, in navolging van Westerse tendense, begin om saam te woon sonder dat hulle getroud is. Hele gesinne het verbrokkel en kinders het sonder een ouer grootgeword. Die gesin en gesinslewe het in baie gevalle in duie gestort en dit het ook godsdiensonderrig benadeel.

Binne ʼn betreklike kort tyd het daar by ons ‘n toegeeflikheid en verdraagsaamheid ten opsigte van seksuele sake ingetree. Kinders en jongmense het meer selfstandig teenoor hulle ouers geword en respek vir hulle meerderes, ook buite die gesin, het verdwyn. Skoolgaande kinders het swanger geword en buite-egtelike kinders het algemeen geword. Die vrou het geëmansipeerd geword, baie moes weens ekonomiese behoeftes voltydse betrekkings aanvaar. In vaderlose gesinne het die vrou die broodwinner geword. Dit alles het die rol van die vader afgebreek en die tradisionele gesinslewe benadeel.

Wanneer is goed goed en sleg sleg? Die moderne mens vind dat hy nie ‘n vaste fondament het waarop hy die vraag kan beantwoord nie en dit skep by hom verwarring en onsekerheid oor sy sedelike oortuigings en oor die goed-of-kwaad van sy doen en late. Die resultaat is dat hy sy sedelikheid of onsedelikheid as sy private saak beskou en dat hy kan doen wat hy wil. Sy standpunt is dat hy nie skuldig aan enige iets is nie, want sedes is in die moderne lewe nie meer geldig nie, goed en kwaad bestaan nie meer nie.

Die werklikheid is egter dat goedheid, geregtigheid en liefde wel bestaan, maar dat boosheid, haat en wreedheid ook bestaan. Daar is ‘n inherente boosheid in die mens wat hom die kwade laat doen. Dit is nie God wat boosheid pleeg nie, dit is die mens wat dit doen. Die mens is nou eenmaal ‘n sedelike wese en word gekonfronteer met die keuse tussen wat sedelik goed en wat sedelik sleg is.

Die mens wat dink dat sy onsedelikheid en losbandigheid sy private saak is, maak ʼn fout. Sy doen en late het gevolge vir ander mense. Dit is nie net dat hulle sy gedrag afkeurenswaardig vind nie, dit het ʼn praktiese uitwerking op hulle eie, hul gesinne en hul gemeenskap, se lewens. Dit is opmerklik dat  etniese en godsdienstige gemeenskappe nie sulke gedrag spontaan goedkeur nie maar dat hulle op een of ander manier gedwing moet word om dit te doen.

Dit is verblydend dat nie almal van ons volk die hedendaagse sedeloosheid aanvaarbaar vind nie. Daar is nog van ons mense wat sedelik leef en wil leef. Die probleem is daardie lede van ons volk wat sedeloos geword het. Kan dit omgekeer word?

Dit is duidelik dat die agteruitgang van sedes saamgaan met ʼn oortuiging van skuldloosheid. Dit lei daartoe dat mense verskonings gebruik om hulleself te regverdig. Dit is iemand of iets anders se skuld, almal doen dit en daarom is dit nie verkeerd nie, dit is die moderne manier, teenstaanders is net veroordelend, ensovoorts. Om sedes te herstel sal mense ʼn skuldbesef moet ontwikkel. Sonder erkenning van skuld is vergifnis onmoontlik en kan die kwade nie oorwin word nie. As iemand skuldloos is, het hy nie vergifnis en verlossing nodig nie en het Christus tevergeefs vir hom gesterf.

Facebooktwitterpinterestlinkedinyoutube
Facebooktwitterpinterestlinkedin

Seuns van God en dogters van mense

Illustrasie: https://e-watchman.com/noahs-flood-and-kangaroo-migration/

Genesis 6 verse 1 tot 8 vertel van hoe יהוה spyt was dat Hy mense geskape het en hoe Hy toe alle lewende wesens op aarde – behalwe Noag, sy gesin en die diere op die ark – uitgewis het deur middel van die vloed. Hierdie gedeelte is baie kort, uiters kompleks en moeilik om te verstaan.

Volgens die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL) vertaling, lees Gen. 6:1-8 soos volg: Dit het gebeur dat die mense oor die oppervlakte van die aarde begin vermeerder het en toe daar vir hulle dogters gebore is, sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was en hulle het vir hulle almal wat hulle verkies het, as vroue gevat. יהוה het gesê: “My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie omdat hy ook vlees is; laat sy tyd een honderd en twintig jaar wees.” Daardie dae was daar reuse op die aarde en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Hulle was die kragtige vegters uit die ou tyd, die manne van eer en outoriteit. יהוה het gesien dat die boosheid van die mens groot was op die aarde en dat elke vorming van ’n gedagte in sy gedagtes en wil, altyddeur boos was en יהוה was spyt dat Hy die mens op die aarde gemaak het en daar was pyn in Sy binneste. יהוה sê: “Ek sal die mens wat Ek geskep het van die aarde af vernietig, die mens sowel as die diere, die reptiele en die voëls van die hemel; Ek is spyt dat Ek hulle gemaak het.” Noag het egter guns gevind in die oë van יהוה.

Die eerste probleem is: wie is die seuns van God en wie is die dogters van mense? Die persoonlike naam יהוה word deurgaans in die teks gebruik, hoekom is vers 2 anders deur van “seuns van God” te praat – beteken dit hulle is nie seuns van יהוה nie? יהוה se eerste reaksie was om Sy Gees in mense te beperk en die mens se leeftyd te verminder. Die kinders van die seuns van God en die dogters van mense was reuse. Wat presies was hierdie reuse? Was net hierdie vermenging die groot boosheid in die mens, of was daar ander dinge ook? Wat het die diere, die reptiele en die voëls met die mens se boosheid te doen?

...

Die goue reël met die verstaan van die Bybel is dat die Skrif die Skrif verklaar. Met ander woorde, as jy ʼn gedeelte nie verstaan nie, moet jy ʼn ander gedeelte raadpleeg wat meer lig op dieselfde saak werp. Ongelukkig kan ons dit nie doen met hierdie gedeelte nie want daar is nie elders in die Bybel meer inligting oor hierdie saak nie. Daar is wel ʼn paar tekste wat na iets hiervan verwys, maar dit verklaar nie hierdie gedeelte nie. Dit as asof יהוה nie dink ons hoef meer te weet nie. As gevolg hiervan word verklarings op ander maniere gesoek. Een metode is om apokriewe boeke te raadpleeg. ʼn Ander is om ʼn studie van die Hebreeuse woorde te maak. Daar is selfs pogings om Hollywood flieks te gebruik as verklaring (dat die seuns van God  ruimtewesens was).

Die gewildste verklarings van die “seuns van God” is dat hulle gevalle engele is, of dat hulle magtige menslike regeerders was of dat hulle die afstammelinge van Adam se seun Set was. Die “dogters van mense” word gesien as menslike vrouens in die algemeen of dan die vroulike nageslag van Adam se seun Kain. Die reuse word gesien as werklike reuse wat bestaan het, of as net baie groot mense, of as magtige mense. Die verdeeldheid hieroor is baie groot, vir elke standpunt wat geopper word, is daar ʼn sterk beswaar daarteen.

Die argument vir engele as die “seuns van God” berus daarop dat die “seuns van God” en die “dogters van mense” twee verskillende wesens beskryf, naamlik nie-menslike wesens en menslike wesens. Hulle kinders is ʼn vermenging van die twee soorte wesens. Satan sou op hierdie manier gepoog het om te verhoed dat die Gesalfde gebore kan word. Die apokriewe boek van Henog volg hierdie siening. Besware hierteen is dat daar nooit in die verdere geskiedenis van die mensdom so iets gebeur het nie, elders in die Bybel word engele beskryf as geestelike wesens wat geslagloos is, dit is nie vir een spesie moontlik om met ʼn heeltemal ander spesie te vermeng nie en Hebreeuse Ou Testamentiese geleerdes het dit heeltemal verwerp. In Lukas 3:38 word Adam beskryf as die seun van God en Jesus word in Lukas ook die Seun van God genoem.

ʼn Baie ou siening onder Joodse en Christelike geleerdes is dat die “seuns van God” die afstammelinge van Adam se seun Set is wat met Adam se seun Kain se nageslag ondertrou het en wie se kinders reuse was. As Adam die seun van God is, dan is al sy kinders dit ook. Kain het wel eenmaal gesondig, maar dit maak hom nie ʼn ander spesie as sy broer Set nie. Gevolglik kan daar niks verkeerd wees as hulle nageslag met mekaar ondertrou nie.

Die Hebreeuse woord nephilim word dikwels vertaal as “reuse”. In Genesis 6 is dit nie baie duidelik of die reuse die seuns van God is en of dit hulle kinders is nie. Hierdie reuse is met die vloed uitgewis en gevolglik kan die Enakiete nie hulle afstammelinge wees nie. In Numeri 13:32-33 rapporteer die 12 spioene dat die Enakiete reuse (nephilim) is, dit beteken waarskynlik buitengewoon groot en sterk mense waarvoor hulle bang is. In Esegiël 32:27 word indirek na nephilim verwys met die woorde “gevalle helde”. Een vertolking van hierdie vers uit Esegiël lees: They lie with the warriors, the Nephilim of old, who descended to Sheol with their weapons of war. They placed their swords beneath their heads and their shields upon their bones, for the terror of the warriors was upon the land of the living. (Ronald S Hendel). Dit wil dus voorkom of die reuse die persone is wat beskryf word as: Hulle was die kragtige vegters uit die ou tyd, die manne van eer en outoriteit.

In die tydperk voor Noag het mense baie oud geword, baie het 900 jaar gehaal. Dit het beteken dat iemand ʼn verskriklike groot nageslag gehad het toe hy gesterf het. Meer nog, wat het so ʼn persoon alles in sy lewe vermag? As hy hom dit ten doel gestel het om goeie dinge te doen, moes hy verskriklik baie goeie dinge in sy leeftyd gedoen het. As hy egter net boosheid nagejaag het, moes hy ontsettend baie bose dinge gedoen het, die een erger as die ander. Dit is waarom יהוה besluit het om die mens se leeftyd korter te maak, ʼn persoon van 120 jaar kan nie soveel boosheid pleeg as wat ʼn persoon van 900 jaar kon nie.

Van Adam tot die vloed was omtrent 2,500 jaar en van die vloed tot vandag toe omtrent 3,500 jaar. Die 2,500 jaar was ʼn baie lang tyd waarin die mens enorme vooruitgang kon gemaak het en ook enorme boosheid kon gepleeg het. Die populêre siening van die eerste mense as grotbewoners wat moes leer om vuur te maak is in stryd met die Bybel. ʼn Paar terloopse opmerkings in Genesis 4 dui daarop dat daar ʼn groot beskawing voor die vloed was. Hoeveel mense daar op aarde was en waar hulle gewoon het, weet ons nie. Om hierdie lang tydperk te verstaan kan ons dit vergelyk met die geskiedenis van 500 voor Christus tot vandag. Ons kan sien hoe bevolkingsgetalle toegeneem het, hoe die wetenskap gevorder het, ensovoorts.

Wat die presiese boosheid van die mens voor die vloed was, weet ons nie. Dit was duidelik baie erg. יהוה was spyt dat Hy die mens op die aarde gemaak het en daar was pyn in Sy binneste. Daar is ook ʼn aweregse verklaring van Gen. 6:1-8 wat nie veel steun het nie. Dit sien die “seuns van God” as mense wat deur God geskape is en die “dogters van mense” as wesens wat deur mense “geskep” is. Daar was ʼn gepeuter met mense, diere, reptiele en voëls se DNA en daar het wesens ontstaan wat teen יהוה se skeppingsorde ingedruis het. In die proses het mensagtige wesens ontstaan. In vandag se lewe is daar reeds cyborgs en word daar gestreef na die verbetering van die mens en onsterflikheid. Wetenskapfiksie wat waar word. ‘n Groot boosheid in ons tyd.

Daar is nie ʼn verklaring vir hierdie gedeelte waaroor almal saamstem nie, en elke verklaring is eintlik maar net ʼn opinie. Die feit is dat יהוה alles voor Hom uitgewis het en van voor af begin het met die nageslag van Noag.

Facebooktwitterpinterestlinkedinyoutube
Facebooktwitterpinterestlinkedin

Die ware Boerekerk

Illustrasie: http://www.volkstaat.org/index.php?option=com_content&view=article&id=1137:boere-kerk-werner-kruger&catid=59:laaste&Itemid=109

Toe die VOC moes besluit wie Vryburgers mag word, is daar gelet op goeie sedelike gedrag, voorbeeldige karakter en Protestantse christelikheid. Hierdie kriteria is streng toegepas tot en met 1806, toe die Britte die Kaap beset het. Dit was die karakter van ons voorgeslagte en hierop is ons volk gebou.

Ons stamouers was baie gesteld op ʼn christelike leefwyse en het ʼn patroon ontwikkel waar daar binne die gesin ʼn tafelgebed met elke ete was. Toe hulle na 1715 begin het om die binneland in te trek, het dit moeilik geword om gereeld kerkdienste by te woon. Dit is waar Boekevat en Huisgodsdiens begin het.

Elke aand, na die aandete, was die hele gesin, die kuiermense en huisbediendes teenwoordig. Die vader van die huis het dan die Familiebybel geneem en oopgemaak by ʼn gedeelte wat hy wou lees. Van die kinders is verwag om op te let en na die voorlesing vrae daaroor te kan antwoord. Daarna sluit die vader dit af met gebed en ʼn paar godsdiensliedere word gesing. Dit is wat Boekevat genoem word. Boekevat was tot in die 20ste eeu nog op plase gehou, maar nie meer in die stede nie.

...

Op die voorposte het die werksweek omstreeks 12 uur op die Saterdag geëindig. Die boerderywerk word gestaak, die gereedskap word gebêre en die werf word skoongemaak. Die week se roetine is verbreek, daar word gebad en skoon klere aangetrek. Teen 4 uur drink die gesin koffie. Saterdagaand word daar gekuier of die gesin vermaak hulleself. Indien daar ʼn dans in die omgewing is, was dit bygewoon. Die kinders kon tot donker speel. Die Sondagoggend word begin deur noodsaaklike take te doen, dan word Sondagdrag aangetrek en om 10 uur die oggend kom die gesin bymekaar in die voorkamer vir Huisgodsdiens en die voorlees van ʼn preek. (In later jare kon na ʼn preek oor die radio geluister word). Die res van die dag was rustig, die kinders moes stil wees. Daar was ʼn groot middagmaal en daarna word daar eers gerus. Later die middag word saam met bure en ander mense gekuier. Almal dra hul Sondagklere, drink koffie en gesels.

Mense wat ver van die naaste dorp was, kon maar selde ʼn kerk besoek. Hulle het moeite gedoen om minstens 1 nagmaal per jaar by te woon. Hierdie was ʼn groot geleentheid, die wa moes in gereedheid gebring word, kos moes voorberei word vir die reis en die beddegoed en klere moes nagesien word. Daar moes voorberei word vir alle sake wat op die dorp gedoen moet word. Produkte om verkoop te word (huide, velle, kerse en seep) moes reggekry en gelaai word. Alle kerklike sake sal op die dorp gedoen moet word (soos doop, katkisasie, aanneming, voorstelling en huwelik). Die waens en tente is op die kerkplein opgeslaan. By die nagmaal was daar ʼn blye weersiens van familie en vriende. Jongmense kry kans om lede van die teenoorgestelde geslag te leer ken. In die 20ste eeu het hierdie manier van nagmaalviering verander weens beter vervoer en verstedeliking. Vandag is nagmaal deel van die gewone eredienste en is dit vir almal moontlik om dit gereeld by te woon.

In die 20ste eeu kon selfs die mense op plase Sondae die kerk besoek. Saterdag het ʼn dag van inkopies en georganiseerde sport geword. Voor 1994 was daar Sondagwette wat bepaal het dat slegs noodsaaklike werk op Sondae gedoen mag word. Die meeste mense het nie op Sondae gewerk nie en was tuis by hulle gesinne. Hulle kon nie op Sondae gaan inkopies doen nie want die winkels was toe. Dit was ʼn goeie geleentheid om dorp toe te gaan en te sien wat in die winkelvensters uitgestal word. Voor die koms van televisie was kuier by vriende en familie gewild. Daar was parke waar mense kon gaan piekniek hou en ontspan. Aangesien die regering al die burgers van die land se belange moes behartig en godsdiensvryheid moes waarborg, was wetgewing nie gemik daarop om gewetensvryheid te beperk nie. Sport op Sondae is toegelaat ten spyte van die teenkanting van kerke. Vandag is dit iemand se eie keuse hoe hy Sondae wil deurbring.

In die 20ste eeu het ouers die volle godsdienstige opvoeding van hulle kinders in die hande van die kerk en skool geplaas. Kinders het voor 1994 ʼn Bybelperiode in die skool gehad, Sondae is die kinders Sondagskool en kategese toe. Daar was ook die kinderkrans en KJV. In later jare het kerke jeugbedienings ingestel. Kinders en jongmense is nie meer slegs in die ouerhuis opgevoed nie. Daar was bitter min gesinne wat nog Boekevat gehou het, en nog minder wat Huisgodsdiens gehou het.

Weens die huidige omstandighede is die christelike opvoeding van kinders terug in die ouers se hande, soos dit hoort. Baie mense het die kerkgenootskappe verlaat, baie kerke verkondig dwalinge en die staatskole bied nie ʼn christelike opvoeding aan nie.

Die ware Boerekerk was die gesin wat hulle godsdiens saam tuis of op die wapad beoefen het. Die gesin is die beginpunt waarop ware christelike gemeentes vandag gebou kan word. Verskillende gesinne wat Huisgodsdiens hou kan periodiek bymekaarkom en as ʼn Bybelse gemeente funksioneer, onafhanklik van kerk en staat.

Facebooktwitterpinterestlinkedinyoutube
Facebooktwitterpinterestlinkedin

Wees dapper vir die waarheid

Illustrasie: https://www.facebook.com/mannawoord/photos/

In die sewe briewe in Openbaring verskyn daar in elkeen die woorde “Aan die wat die oorwinning behaal…” en dan volg daar die belofte van ʼn beloning. Daar is ʼn stryd aan die gang en sommiges gaan oorwin en ander nie.

ʼn Belangrike deel van die stryd wat ons vandag voer, is die stryd tussen waarheid en leuen. Die leuen is orals en vermom homself as die waarheid. Dit maak dit moeilik om die leuen uit te ken. Tog moet ons nie net die leuen herken nie, ons moet dit ook oorwin.

ʼn Algemene probleem van ons tyd is vals nuus. Dit is waar media nuus versprei wat onwaar is, asof dit waar is. Dit het so erg geword dat selfs die groot mediagroepe dit doen. Niemand kan meer glo wat die hoofstroommedia verkondig nie. Dit is nie noodwendig blatante leuens nie, dit is ook die verdraaiing van waarheid ter wille van propaganda. Ek en jy moet bedag wees daarop dat ons nie kan glo wat ons op televisie sien of in die koerant lees nie. Ons moet skepties wees oor wat ons vertel word, ons moet wakker wees en die tegnieke wat gebruik word, leer ken.

Dit het algemeen geword dat politici blatante leuens vertel om hulle eie agendas te bevorder. ʼn Paar jaar gelede is ʼn politikus gekonfronteer omdat sy op ʼn openbare vergadering gelieg het. Sy was verbaas dat daar ʼn probleem daarmee was, want dit was dan net politieke retoriek. Dit het blykbaar aanvaarbaar geword dat politici voor verkiesings enige iets mag sê om stemme te werf. Nou die dag het die Suid-Afrikaanse president op ʼn internasionale perskonferensie gelieg en daarmee weggekom. Is dit nou in orde as die leiers en staatsmanne ook leuens vertel? Wie kan nog geglo word?

Selfs die wetenskaplikes se uitsprake moet bevraagteken word. Die probleem is nie die wetenskaplike metodiek nie, maar die mense wat wetenskaplikes is. Dikwels is die sienings van wetenskaplikes bloot ʼn mening. Verder word wetenskaplikes se loopbane, die befondsing van hulle werk, publikasie van artikels en hulle status binne hulle professionele kringe beïnvloed deur hulle uitsprake en standpunte. Let op hoe stellings deur wetenskaplikes bewoord word. Daar word gesê: Wat ‘n vreemde toeval is dit dat ‘wetenskap’ altyd sonder uitsondering die liberale wêreldbeskouing ondersteun.

Die wêreld is vrot van onwaarhede. Dit is nie reg nie en dit is nie goed nie. Dit is hoe dit is en ek en jy kan dit nie stop nie. Ons kan dit nie ignoreer nie maar ons moet weet hoe dinge werk. Ons kan toesien dat ons nie self daaraan meedoen nie en ons kan ons bes doen om die leuen teen te werk deur die waarheid te verkondig.

Om leuens te vertel is die maklike uitweg. So kan jy probleme vermy of jouself bevoordeel. Dit het ook nadelige gevolge vir die persoon wat dit doen. Jy verloor jou geloofwaardigheid. Indien iemand oor een ding gelieg het, hoekom sou hy nie oor iets anders ook lieg nie. Eenmaal ʼn leuenaar, altyd ʼn leuenaar?

Vertrouensverhoudings kan bestaan met kliënte, werkgewers, vriende, huweliksmaats, kinders, ensomeer. Beide partye moet mekaar kan vertrou. As daar ʼn vertrouensverhouding tussen mense bestaan, vernietig leuens die vertroue en verwoes dit die verhouding. Dit verwoes ook respek en liefde. Om vertroue terug te wen, is besonder moeilik en kan baie lank duur.

‘n Leuen is nie net valsheid nie, dit is ook bedrog. Iemand wat lieg is soos ʼn akteur wat ʼn rol speel en dit is huigelary. Leuens is oneerlikheid en dit is nou verwant aan ander vorms van oneerlikheid. Wanneer iemand vir homself lieg pleeg hy selfbedrog. Dan is daar ook die wat vir YHWH lieg deur beloftes te maak wat hulle dan nie nakom nie. Daar is mense wat lieg en weet dat hulle lieg, daar is ook mense wat lieg en nie weet dat hulle lieg nie want hulle glo hulleself.

Christene behoort te glo dat die Bybel gesaghebbend is. Yeshua die Gesalfde sê in Johannes 8:44 aan sy teenstanders: Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ʼn mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ʼn leuenaar is en die vader daarvan. Leuens is die navolging van Satan en hoort nie by Christene nie.

Leuens is kenmerkend van die ou, gevalle, mens. Die apostel Paulus het die volgende daarvan gesê in Kolossense 3:8-10: Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond. Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper, …

Die Christen is ʼn sondaar wat sy ou lewe laat vaar het om nou as nuwe mens te lewe. Dit is nie maklik nie. Dit is waar die stryd begin warm word. Jy kan dit nie alleen en in eie krag doen nie. Jy kan dit nie regkry sonder die hulp van die Heilige Gees nie. Dit gaan ʼn tydjie neem, maar dit kan gedoen word. Jy moet oorwin om die beloning te ontvang.

Die vreemde ding is dat baie mense nie daarvan gaan hou as jy nie meer leuens vertel nie. Eers was hulle nie gelukkig daaroor dat jy lieg nie, nou is hulle ongelukkig daaroor dat jy opgehou lieg het. Die voordeel wat leuens ingebring het, is nou nie meer daar nie. Miskien wil jou werkgewer hê dat jy nou en dan ʼn bietjie moet lieg, miskien is dit jou gesin wat dit wil hê.

Om die stryd te  stry, om te volhard en om te oorwin, vereis dat jy dapper moet wees. Dit is ʼn geestelike oorlog, die magte van die bose gaan jou teiken. Oorwin een aanslag, dan kom daar ʼn nuwer en groter aanslag. Jy mag nie vlug nie, jy moet veg. As jy volhard tot die einde toe, is jy een van Yeshua die Gesalfde se dapper helde. Is dit nie iets om na te streef nie?

Facebooktwitterpinterestlinkedinyoutube
Facebooktwitterpinterestlinkedin